Luiperdsliga: Vryburg dwing kampioen gelykop

Weyers du Plessis van Vryburg bars met die bal weg. Die ander spelers is Gallie Brits, Hannes de Bruin, Philip Jones en André Cloete. (Foto: Elzaan Louw)

Weyers du Plessis van Vryburg bars met die bal weg. Die ander spelers is Gallie Brits, Hannes de Bruin, Philip Jones en André Cloete. (Foto: Elzaan Louw)

Vryburg het die Luiperds se Neserbeker-kampioen, Lonmin, Saterdag tot `n gelykop uitslag in die reeks gedwing.

Marius Klopper, Vryburg se voorsitter, die eindtelling was 21-21 nadat Vryburg rustyd 8-7 voor was.
Thomas Middleton het 16 van Vryburg se punte aangeteken deur `n drie te druk en met `n doelskop en drie strafdoele te slaag. Corné Moolenbeek het die span se ander drie gedruk.

Klopper sê Jannes Brits en Johann Grobler het vir Vryburg uitgeblink PJ van der Merwe het die beste duikslag uitgevoer.
Vryburg speel 16:00 Saterdag op die Gert Lubbeveld op Vryburg teen Lichtenburg in `n wedstryd wat op die duur bepalend op die punteleer kan wees.

Dit word vooraf gegaan deur `n vriendskaplike wedstryd tussen Vryburg II en Lichtenburg III (14:30).

vryburgHy het dusver Fochville 22-20 en Potchefstroom-Dorp 27-26 geklop, maar 15-20 teen Leeudoringstad verloor.

♦ Eugene Fourie, die Luiperds se bestuurder van amateurrugby, het intussen `n eksemplaar van Vryburg se eerste nuusbrief aan Pale Toe! gestuur.

In `n weerspieëling van lojaliteit wat ander klubs groen van jaloesie kan maak, vertel die brief van twee van die klub se staatmakers.

Die 34-jarige Weyers (Rusty) du Plessis speel al 16 jaar vir die klub en vertel hy wil aanhou tot hy en sy seuntjie saam vir Vryburg uitdraf. Hy is omtrent veelsydig en en kan voor en agter speel. Vanjaar speel hy agsteman.

Die heelagter André (Brood) Broodryk is ná 12 jaar by die klub deur `n nekbesering gedwing om uit te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Niel ·

Harde manne in NoordWes…. Siegie Schutte het pas sy 400 ste wedstryd gespeel vir Zeerust Rugbyklub!!!!!!….
groot prestasie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.