Luiperdsliga: Warriors ransel Klerksdorp af

Spiedie du Plessis van Rustenburg Warriors val teen Klerksdorp aan, terwyl Rhyno Venter, JJ Sherman (14) en Christo Meyer reg is om te help.

Spiedie du Plessis van Rustenburg Warriors val teen Klerksdorp aan, terwyl Rhyno Venter, JJ Sherman (14) en Christo Meyer (23) reg is om te help.

Rustenburg Warriors het Klerksdorp o.21 Saterdag deeglik afgeransel in die Luiperds se reeks om die Jaap Steynbeker.

Warriors het die wedstryd op Rustenburg 58-20 gewen nadat hy rustyd net 17-15 voor was.

Reinier Ras, die president van die wenklub, sê die tuisspan het stadig begin, maar ná rustyd die krane oopgedraai en ses drieë by die eerste helfte se twee gevoeg.

“Die Warriors se goeie ondersteunende spel en puik verdediging het verseker dat hulle die wedstryd wen.”

Ras sê Francois Nicholas, wat twee drieë gedruk het, was die voorspeler van die wedstryd. Die agterspeler van die wedstryd was Damien Devaney, wat `n drie gedruk, en op die aanval sowel as die verdediging uitgeblink het.

Behalwe Nicholas en Devaney het Werner Venter (twee), Dawie Huisamen, Eon Viljoen, Spiedie du Plessis en Themba Mabele die doellyn oorgesteek.

Darius Bekker se vier doelskoppe en `n strafdoel het 11 punte opgelewer JJ Sharman het met `n doelskop geslaag.

Warriors het nog drie ligawedstryde oor: Koster (28 Mei). Potch Tigers (4 Junie) en Westonaria (11 Junie).

Ander uitslae –

Neserliga

Eerste spanne

Leeudoringstad 14, Fochville 7; Potchefstroom-Dorp 22, Lichtenburg 19.

Tweede spanne

Leeudoringstad 38, Fochville 0; Lichtenburg II 34, Potch-Dorp 22.

Jaap Steynliga

Hurricanes (Stilfontein) 26, Westonaria 25; Zeerust 53, Ikageng 12; Coligny 53, Potch Tigers 0; Koster 28, Matlosana 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Reinier W ARas ·

Ons wil net vir Piet Ebersohn sê baie dankie vir die gereelde publikasie van ons wedstryde. Ons waardeer dit baie venaam oor ons ‘n nuwe klub is wat ons eerste seisoen speel.

Van die bestuur en al die spelers van RTB Warriors te Rustenburg.

Rugby Groete

Reinier Ras

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.