Luiperdsliga: Warriors skud vere vroeg reg

rustenburg warriorsRustenburg Warriors hou Donderdag al sy jaarvergadering met die oog daarop om sy vere vir die 2017-seisoen reg te skud.

Reinier Ras, die klub se president, sê Warriors het die ou Bobbies-rugbyklub op die hoek van Hefer- en Kerkstraat in Ooseinde bekom, en die vergadering sal daar plaasvind.

Dit begin 18:00.

Ras het ou en nuwe spelers en ondersteuners uitgenooi om die vergadering by te woon en hul gewig by die klub in te gooi.

Dis `n nuwe klub wat goed weggespring het en vanjaar die uitspeelrondes in die Luiperds se Jaap Steynliga net-net misgeloop het.

Belangstellendes kan Ras by 082 386 6571 bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.