Luiperdsliga: Westonaria te sterk vir Warriors

Rustenburg Warriors teen Westonaria: Voor: John Griffiths (hoofafrigter), Darius Bekker, Andries Snyman (agterlynafrigter), Johan van Aswegen, Niel Koegelenberg, Divan van Niekerk, Pieter du Plessis, Werner Venter, Francois Nicholas, Nico Esterhuizen en Xandré Bosse (voorspelerafrigter). Middel: André Dreyer, Themba Mabele, Kobus Ferreira, Justin Visagie, Francois Reynecke, Christo Meyer, Jacques  du Plessis, JP van Aswegen. Voor: Christo Brunette, Damien Devaney, Roald Appelgryn, Ryno Venter, JJ Sherman, Eon Viljoen, Dumi Ncube. Heel voor: Reinier Ras (president).

Westonaria was Saterdag heeltemal te sterk vir Rustenburg Warriors in die Luiperds-rugbyunie se Jaap Steynliga.

Hy het die wedstryd tussen die twee spanne 50-29 gewen.

Renier Ras, die president van Warriors, sê die Rustenburgers het stadig begin en was rustyd 10-21 agter.

“Westonaria het eenvoudig nie die Warriors toegelaat om ritme te kry nie.”

Die voorspeler van die wedstryd was Kobus Ferreira, en Eon Viljoen die agterspeler van die wedstryd.

Francois Nicholas (twee, plaasvervanger), Ferreira (flank) en Spiedie du Plessis (plaasvervanger) het die Warriors se drieë gedruk. Darius Bekker (binnesenter) het  drie verdoel en `n strafdoel behaal.

Ander uitslae –

Neserbeker

Eerste Liga

Potchefstroom-Dorp 24, Fochville 5; Vryburg 25, Leeudoringstad 24; Lichtenburg 32, Lonmin 16.

Tweede Liga

Potch-Dorp 38, Fochville 10; Lonmin 51, Lichtenburg 29.

Jaap Steynliga

Zeerust 23, Hurricanes (Stilfontein) 12; Coligny 50, Klerksdorp o.21 19; Koster 46, Ikageng 6; Potch Tigers 28, Matlosana 0.

Opgesomde punteleer –

Neserliga

Eerste Liga

Lichtenburg 29, Potch-Dorp 29, Vryburg 17, Leeudoringstad 16, Lonmin 8, Fochville 4.

Tweede Liga

Lichtenburg 25, Mafikeng 21, Potch-Dorp 18, Lonmin 16, Fochville 9, Leeudoringstad 7.

Kyk volledige punteleer by http://sportlogs.co.za/leopards/neser-league-log/.

Jaap Steynliga

Zeerust 40, Hurricanes 39, Westonaria 33, Coligny 31, Rustenburg Warriors 25, Klerksdorp 0.21 17, Koster 16, Potch Tigers 13, Ikageng 7, Matlosana 5.

Kyk na volledige punteleer by http://sportlogs.co.za/leopards/jaap-steyn-league/.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.