Luiperdsliga: Zeerust bly onoorwonne

Die Luiperds se verdedigende Jaap Steynkampioen het Donderdag sy onoorwonne rekord in die reeks behou deur met die Potchefstroomse Landboukollege af te reken.

Hy het die klipharde wedstryd met 16-6 gewen, maar ʼn bonuspunt misgeloop.

Ouboet Schutte, die wenspan se voorsitter, laat weet die vaskopstut Louis “The Viking” Swanepoel en die flank Michael Scheepers was Zeerust se grootste uitblinkers.

Swanepoel het die span se drie gedruk.

Rudolf Oosthuizen het agt punte met ʼn doelskop, ʼn strafdoel en ʼn skepdoel behaal, en Ewalt Oberholzer ses met twee strafdoele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.