Zeerust en Koster het Saterdag goeie seges in die Luiperdsrugbyunie (LRU) se Jaap Steynliga behaal, en kan mekaar vorentoe om die kroon opdreun.
Die verdedigende kampioen, Zeerust, is ná vier wedstryde onoorwonne, en met 18 ligapunte boaan die punteleer. Koster het drie van sy vier wedstryde gewen en is vierde met 14 punte.
Matlosana en Westonaria is tweede en derde met 17 punte elk, maar het albei reeds vyf wedstryde gespeel.
Zeerust het Potch Tigers van Promosa in die afgelope naweekronde met 42-8 geklop, en Koster het Ikageng met 70-12 oorweldig.
Ouboet Schutte, die voorsitter van Zeerust, laat weet Zann Diedericks het vier drieë gedruk en was die klub se grootste uitblinker. Hy het ʼn doelskop bygevoeg om met 22 meer as die helfte van Zeerust se punte op te lewer.
Henno Coetzee en Hennie Pretorius het die ander drieë gedruk, en Rudolf Oosthuizen het vyf daarvan verdoel (tien punte).
Landelani Ntambo het vir die Tigers gedruk, en Pieter Absolon het met ʼn strafdoel geslaag.
Theo McDonald, die voorsitter van Koster, sê sy span het goed saamgespeel, en die voorspelers het genoeg bal aan die agterlyn besorg.
Bloeifase
“In die skrums was Theunis Bisschoff prominent, en Gert Muller het goed in die lynstane gevaar. Agterlangs het Daan Visagie (losskakel) en Martin Slabbert (senter) die oog gevang.
“Koster-rugbyklub beleef ʼn bloeifase en die gees tussen die manne is baie goed.”
Zep van Wyk het 13 punte met ʼn drie en vier doelskoppe behaal, Bisschoff en Zane Venter het elk twee drieë gedruk, en Johan Visagie het ʼn drie en ʼn doelskop (sewe punte) aangeteken.
Armand van Niekerk, Claude Fouché, Basil Swanepoel, Dean Erasmus, Lukas Pieterse en Francois Retief het Koster se ander drieë gedruk.
Ander uitslae –
Griffons-Luiperdsoorgrensliga
Eerste spanne
Rovers 54, Odendaalsrus 21; Vaal Reefs 36, Klerksdorp Barbarians 21.
Tweede spanne
Rovers 24, Odendaalsrus 10; Klerksdorp 22, Vaal Reefs 15.
Neserliga
Eerste spanne
Fochville 18, Hartbeesfontein 7.
Tweede spanne
Lonmin II 31, Mafikeng I 24.
Jaap Steynliga
Potchefstroom-landboukollege 17, Matlosana 13; Leeudoringstad 80, Klerksdorp III 3; Westonaria 36, Hurricanes (Stilfontein) 7.
Arthur Breakfastliga
Eerste spanne
Orbit College 28, Wes-Wits Cheetahs 0; South Deep 15, Kloof 9; Khuma 28, Driefontein 0.
Opgesomde punteleer –
GLOL
Eerste spanne
Rovers 15, Welkom 10, Vaal Reefs 6, Klerksdorp 0, Odendaalsrus 0.
Tweede spanne
Welkom 10, Rovers 9, Klerksdorp 9, Vaal Reefs 1, Odendaalsrus 0.
Neserliga
Eerste spanne
Fochville 9, Potch-Dorp 9, Lonmin 7, Vryburg 6, Hartbeesfontein 5, Lichtenburg 4.
Tweede spanne
Lonmin 15, Mafikeng I 7, Potch-Dorp 5, Fochville 5, Lichtenburg 0.
Jaap Steynliga
Zeerust 18, Matlosana 17, Westonaria 17, Koster 14, Rustenburg Warriors 14, Hurricanes 11, Potch-Landbou 10, Leeudoringstad 9, Klerksdorp III 6, Potch Tigers 0, Ikageng 0.
Arthur Breakfastliga
Wes-Wits 20, Orbit 16, South Deep 15, Harmony 7, Kloof 5, Khuma 5, Driefontein 4.