Ná ’n onstuimige week vir Suid-Afrikaanse rugby waartydens Rassie Erasmus sy lot oor die omstrede video gehoor het, gesels die Agterblad-span met ’n spesiale gas.
Jéan de Wet is een van die blinkste jong skeidsregters en hy gee ’n voorskou saam met die aanbieders vir vanmiddag se kragmeting tussen die Springbokke en die Engelse Rose op Twickenham.
Kom luister gerus saam en maak gereed vir die Bokke se laaste groot stryd van die jaar.
Die wedstryd begin vandag om 17:15 en die aksie sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
- Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het.
Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.