Maak oop jou oë, meneer

Hulle staan wêreldwyd bekend  as die leunstoelkenners, die miljoene ondersteuners wat voor die televisie sit en rugby kyk.

Die meeste was nog nooit naby aan ʼn reëlboekie nie, het vir die o.14 D-span op skool gespeel en dra ʼn ondersteunerstrui en sweetpakbroeke wat nog nooit om die middel gepas het nie, maar boeta, Saterdae is hulle op hul pos.

Ja, soms is hulle reg, maar meestal verkeerd.

“Is jy blind ref”, en “maak oop jou oë” is van die uitdrukkings wat die meeste gebruik word.

“Dis ʼn aanslaan”, of “vorentoe”, of “wat dan van voordeel” is drie van die ander frases wat hoog op die top20-trefferslysie is.

En wat van  “hy het nie ʼn benul wat in die skrums aangaan nie” en “ek wonder of hy ooit gespeel het”.

Nog voordat die wedstryd begin, word daar gesê: “Agge nee wat, vandag word ons weer geboor”, of “hoe kan hy vir die Sharks blaas, hy woon dan in Durban?”

Ek kan dit dus heeltemal verstaan hoekom versekeringsmaatskappye die blasers borg, want hulle beweeg op die lysie, speel op die treinspoor.

Eintlik behoort die vervaardigers van hoëbloeddruk-medisyne ook aan boord te kom. Dink maar terug aan Bryce Lawrence, Wayne Erickson, Dave McHugh, Stuart Dickinson, Peter Marshall en Jerome Poite.

Nou wonder ek wat word daar in die Alexander-huishouding in Marlborough in Nieu-Seeland gesê wanneer daar rugby gekyk word.

Volgens stuff.co.nz het pa Tony (48) ʼn paar jaar se ondervinding, maar word hy in die skadu gestel deur sy twee seuns, Cameron (17) en Ben (15).

Cameron blaas al vir vyf jaar lank (was hy 12 toe hy begin het?) en is Saterdag in beheer van sy eerste eersteligawedstryd tussen Harlequins en East Coast in Lansdowne.

Hy het op 3 Junie ʼn eerstespankragmeting tussen Waimea en Shirly in Nelson hanteer en hom baie goed van sy taak gekwyt.

Cameron hoop om in die voetspore van een van hul bure, Ben O’Keeffe te volg, wat reeds op die internasionale paneel is en verlede week vir die Springbokke teen Frankryk geblaas het.

Maar ek wonder wat in die sitkamers gesê gaan word wanneer Cameron opdraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Louis

Baie van vandag.se.skeidsregters begin baie jonk en het self bitter min rugby gespeel , dit is n feit , n persoon wat self rugby op reedelike hoe vlak gespeel het maak die beste skeidsregters uit

Jack Russl

Verseker is daar baie leuenstoelkenners wat glad nie kenners is van die reels nie.

Die feit dat sekere skeidsregters lelik droogmaak met hulle toepassing van die reels kan ook nie uitgelaat word nie.

Daar is net so baie kommentators wat net so min van die reels af weet, en dan is van hulle nog oud-spelers ook

B-man

Ongelukkig, in ons samelewing, dink elke nuwe jong pa dat sy seun die volgende groot rugby-ster gaan wees, nes dié se pa van hom gedink het. Hoe durf enigiemand dan sy bloeitjie te straf vir ‘n oortreding op die veld! Dis ‘n geskreeu en geskil tussen ouers (Ma’s is soms erger oor hul bullebakkies en huts die manne aan) langs die veld wat soms in lelike stryerye ontaard. Met so ‘n voorbeeld kan die manne op die veld nie anders as om te ontaard in rusbankpatats wat op die ref op die kassie skreeu nie. Alles net omdat hulle ouers… Lees meer »

Henk Stander

Hahaha lekker gelag vir die stuk. Tot my skaamte moet ek erken dat ek myself in van die opmerkings sien. Net terloops. Wat Bryce Lwarence gedoen het was nie ń fout nie, dit was ń vooraf beplande, dood luiters uitgevoerde plan om NZ se grootste kompetisie daardie wereld beker te verwyder. Hy het 46 gedokumn5eerde foute gemaak in een wedstryd, telkens nadat hy daarop gewys is deur Johan Smit. Daardie slefde jaar wys die NZ rugby unie hom aan as die beste Skeidsregter in NZ… hemel man, ek ruik nie eens meer die rot nie, hy is hier weg met… Lees meer »

Johan

As skeidregters regtig onberispelik in hul optrede is en geen span bo die ander voortrek nie, aldus Kobus Wiese en die res van die kerkraad, hoe verklaar mens die optrede van die twee Suid Afrikaanse skeidregters Mnr Jaco van Heerden en Shaun Veldsman in die kragmeting tussen die Stormers en die Blues. ‘n Hele paar blatante foute gemaak wat die Stormers bevoordeel het.