Mag jy ʼn All Black-trui dra?

Dis een van daardie taai toffies waaraan daar jare lank al gekou, gekou en herkou word: Suid-Afrikaners wat die All Blacks ondersteun.

Hoekom doen hulle dit? Is dit ʼn emosionele of politieke besluit omdat daar nie met dinge saamgestem is (of nou daarmee saamgestem word nie) met dít wat in die land aangaan, of is dit omdat die All Blacks die toon aangee, die wêreld se beste span is en aanskoulike rugby speel?

Die wond is die afgelope paar weke in Kimberley weer oopgekrap toe twee afrigters van Griekwas, Deon Carney en Joe Molala, deur Griekwas se president, Jannie Louw, uit hul poste as hulpafrigters van Griekwas se Akademiespan (Cravenweek) onthef is. Dit was omdat hulle openlik die All Blacks ondersteun en All Black-truie in die openbaar dra of op Facebook daarmee verskyn.

Jammer, het Molala gesê en nou mag hy weer afrig, maar Carney, wat tussen 2010 en 2012 vir die Wellington Lions in Nieu-Seeland gespeel het, sit steeds sy voet neer.

Hy was immers verlede seisoen een van die hulpafrigters van Griekwas se Cravenweekspan en toe het geen haan daaroor gekraai nie.

Daar is altyd twee kante van die saak.

Ondersteun John Mitchell nie steeds innerlik die All Blacks nie, al rig hy die Bulls af?

Wat van die rits Suid-Afrikaanse afrigters wat oorsee afrig (afgerig het) soos Frans Ludeke, Jimmy Stonehouse, Heyneke Meyer, Nick Mallett, Allister Coetzee, Dawie Theron, Johan Ackermann, Gary Gold, Phil Pretorius, Loffie Eloff, Johann van Graan en ook Rassie Erasmus? Het hulle ooit enige ander span as die Bokke ondersteun?

Wat van Munster se eertydse fiksheidsghoeroe Aled Walters, wat nou deur Rassie Erasmus by die Bokke betrek is? Of die Nieu-Seelander Paul Feeney wat by die Stormers doenig is?

Maar het een van hulle al ooit ʼn ander trui as dié van hul huidige span/werkgewer in die openbaar gedra?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Coenie de Lange ·

Ek kan ondersteun wie ek wil. Ek het Limpopo se Akademiespan afgerig en ek is ‘n groot Leeu ondersteuner. Dan moet almal wat vir enige staatsonderneming werk vir die ANC stem. Belaglik.

B-man ·

Nee, Coenie. Jy hoef nie vir hulle te stem nie, net ‘n ANC-hemp dra.

LOL ·

As ek vir Ford werk, mag ek ‘n Toyota/BMW/Isuzu ens. hemp dra in die openbaar? Nee, want dis teenstrydig met jou werkgewer se doelstellings en indirek ondermyn jy die hand wat jou voed. Dus dra maar die hemp, maar dan moet jy die moeilikheid wat dit bring kan hanteer. Ek verstaan waarom mense nie die Springbokke bo ander lande ondersteun nie, maar dis ‘n ander argument.

Andre ·

So ek neem aan jy moet ook dan n Ford ry?Wat as jy net n Kia kan bekostig? Jy ry immers in die openbaar en parkeer op Ford se
gronde, of moet jy dan publieke vervoer gebruik?

Donald ·

Of jou werkgewer moet vir jou n Ford teen die Kia se prys offer. Dan kan jy mos die hand wat jou voed ondersteuen

Adam Boshoff ·

Ek glo ook daaraan dat mens die hand wat jou voed so ver moontlik moet ondersteun So dra jou AB hemp maar by die huis jy sal niks oorkom om jou werkgewer se hemp te dra solank jy vir hom werk nie

Rynhardt ·

Ek sal ondersteun wie ek wil.Niemand sal vir my voorskryf nie,neem kennis SA Rugby,neem kennis Anc en neem kennis permantiges!

Yankee ·

Nee jy mag maar Rynhardt, maar as vroulief in die yard werk met haar T shirt waarop staan, “i love jannie my neighbor”, moet dan nie kla nie.

Ampie ·

Aangesien ek vroeg in die jaar besluit het om NOOIT weer enige kwota sportspan te ondersteun nie, sal ek graag vir die All Blacks of enige ander meriete span teen die Springbokke skree.

LOL ·

@Andre: Onthou wat hier ter sprake is , is openlike ondersteuning van die opposisie/vyand!! As dit jou eie onderneming was, sal jy so ‘n persoon aanstel?

Buffel ·

Enige iemand kan ‘n AB trui dra maar as jy ‘n “Cape Maori ” is MOET jy een dra want jy is ‘n real wannabee……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.