Makro-oorgrensliga sluit groot kanonne in

assupolVier van die grootste kanonne in Suid-Afrikaanse klubrugby neem vanjaar aan die Noorderbonde se Assupolreeks deel, wat sonder twyfel die grootste plaaslike oorgrensliga dusver is.

Nie minder nie as 42 klubs van vyf bonde neem aan die liga deel, wat Saterdag op verskeie plekke in Gauteng afskop.

Rustenburg Impala (Luiperds), die houer van die oop klubs se Goue Beker (GB), en Brakpan (Valke), wat die halfeindstryd in die reeks gehaal het, is tussen die deelnemers. Pretoria Polisie (Blou Bulle) is deur die ander finalis, Valsbaai, in die kwarteindronde uitgeskakel, en Polisie en Harlequins het intussen as Quins Bobbie saamgesmelt. Northam Rhinos, wat die Limpopoklubs verteenwoordig het, is ook by die Assupolreeks ingesluit.

Die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU), onder wie se vleuels die reeks plaasvind, het 24 spanne, waarvan vier uit sy Limpopostreek kom. Elf Valkeklubs, drie van die Goue Leeus en twee elk van die Luiperds en die Pumas neem deel.

Die klubs is in drie groepe met vier afdelings elk ingedeel.

Klubs in Groep A skryf `n eerste, tweede en o.21-span in; dié in Groep B `n eerste en tweede span; en dié in Groep C net een span.

Die groepe –

Groep A

A1: Centurion, Tukkies (albei Blou Bulle), Brakpan, ERU (albei Valke).

A2: Dragons (Blou Bulle), Impala (Luiperds) en Boksburg (Valke).

A3: Quins Bobbies (Blou Bulle), Universiteit van Johannesburg (Goue Leeus), Springs (Valke), Pietersburg Noordelikes (Limpopo Bulle).

A4: Naka Bulle (Blou Bulle), Roodepoort (Goue Leeus), NWU Vaal (Valke).

Groep B

B1: Northam Rhinos (Limpopo Bulle), Witbank Ferro’s (Pumas), Tuine (Blou Bulle).

B2: Potgietersrus Limpopo Bulle), Wits (Goue Leeus), Cullinan (Blou Bulle).

B3: Middelburg (Pumas), Korrektiewe Dienste, Silwer Valke (albei Blou Bulle).

B4: Noordelikes Pretoria (Blou Bulle), Lonmin (Luiperds), Tshwane Universiteit vir Tegnologie).

Groep C

C1: Edenvale, Meyerton (albei Valke), Warmbad (Limpopo Bulle) en Bronkhorstspruit (Blou Bulle).

C2: Elsburg, Delmas (albei Valke), Hartbeespoort, Atteridgeville (albei Blou Bulle).

C3: Oos-Rand Polisie Vanderbijlpark, (albei Valke), Westelikes, Tswaing (albei Blou Bulle).

C4: Mamelodi, Eersterust, Transnetparke, Soshanguve (almal Blou Bulle).

Saterdag se bepalings –

Groep A

A1: ERU teen Brakpan, Centurion teen Tukkies.

A2: Dragons teen Impala.

A3: Springs teen QB, Noordelikes teen UJ.

A4: NWU Vaal teen Roodepoort.

Groep B

B1: Rhinos teen Tuine

B2: Potties teen Cullinan

B3: Middelburg teen KD

B4: Noordelikes teen TUT

Groep C

Op Hartbeespoort se veld: Delmas teen Harties, Edenvale teen Warmbad, Atteridgeville teen Elsburg.

Op Westelikes se veld: Tswaing teen Westelikes; Soshanguve teen Eersterust.

Op Meyerton se veld: Meyerton teen Bronkhorstspruit, Mamelodi teen Transnetparke, OR Polisie teen Vanderbijlpark.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan ·

Hoe is dit dat daar nie ‘n 3de senior span is vir die top klubs(Groep A) nie? Is daar nie genoeg spelers nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.