Malcolm Marx vir drie pryse benoem

Malcom Marx – drie benoemings. (Foto: GB Jordaan)

Die Springbok-haker Malcolm Marx is in drie afdelings benoem met die oog op die SA Rugbyunie (Saru) se prysuitdeling vanjaar.

Die benoemings is Maandag deur Saru aangekondig.

Behalwe as speler van die jaar is die 23-jarige Marx ook in die afdelings jong speler van die jaar en Superrugbyspeler van die jaar benoem.

Die ander benoemdes as speler van die jaar is die Springbok-kaptein Eben Etzebeth, Siya Kolisi, Jaco Kriel en Jan Serfontein.

Twee broers is vir toekennings benoem: Jean-Luc du Preez as jong speler van die jaar; en Robert du Preez as Curriebekerspeler van die jaar.

Ander benoemings –

Jong speler van die jaar: Ook Curwin Bosch, Warrick Gelant, Damian Willemse.

Span van die jaar: Lions (Superrugby-naaswenners), Blitsbokke (wenner van die sewes-wêreldreeks), Westelike Provinsie (wenners van die Curriebeker en die Supersportreeks).

Afrigter van die jaar: Johan Ackermann (Lions), John Dobson (WP), Neil Powell (Blitsbokke).

Sewesspeler van die jaar: Chris Dry, Werner Kok, Rosko Specman.

Junior Springbok van die jaar: Juarno Augustus, Curwin Bosch, Damian Willemse.

Superrugbyspeler van die jaar: Ook Jaco Kriel, Franco Mostert (albei Lions).

Curriebekerspeler van die jaar: Ook Nizaam Carr (WP), Warrick Gelant (Blou Bulle).

Curriebeker- Eerste Liga-speler van die jaar: Jaun Kotzé, Tertius Maarman (albei Griffons), Jeandré Rudolph (Luiperds).

Supersportspeler van die jaar: Craig Barry (WP), Enver Brandt (Griekwas), Shaun Reynolds (Goue Leeus-vyftiental).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

CK ·

Fantasties. Hy is ‘n uitmuntende rugbyspeler. Ek hoop net SA rugby kan hom hier hou.

Josua Keys ·

Daar is baie spelers in SA wat ook dieselfde benoemings verdien soos Kwagga Smit, Franco Mostert, Jaco Kriel, Warren Whitley, ek sal sover gaan om Robert Du Preez(WP) ook te benoem, almal focus op Jantjies, Bosch, Pollard maar die ou wat ek dink ‘n groot verskil op Losskakel sou maak by die Bokke is Robert Du Preez ek hoop hulle pos hom by die Sharks volgende jaar dan kan hy by die Lions inval waar hy beslis ‘n verskil gaan maak maar ja, Malcolm bly ‘n yster asook sy gewese spanmaat wat nooit die Lions moes verlaat het nie Akker VD Merwe, in my oë die beste twee hakkers in SA en dit op vorm gekies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.