Mapoe enigste verandering aan 23-tal vir tweede toets

Lionel Mapoe – enigste verandering (Foto: GB Jordaan)

Moenie krap waar dit nie jeuk nie, was klaarblyklik Allister Coetzee-hulle se leuse met die kies van die Springbokspan vir die tweede toets teen Frankryk wat Saterdag op Kingspark in Durban gespeel word.

Die enigste verandering aan die wedstryd 23-tal wat verlede week op Loftus 37-14 met sprankelrugby teen Frankryk gewen het, is die keuse van die Lions se buitesenter Lionel Mapoe in die plek van Jesse Kriel wat weens harsingskudding nie oorweeg kon word nie.

Ook die bank is onveranderd behou. Dit sou ʼn verrassing gewees het indien Coetzee-hulle anders oor hulle plaasvervangers sou besluit het.

Met die veelsydige Frans Steyn, Francois Hougaard en Dillyn Leyds op die bank is letterlik al die posisies in die agterlyn in die geval van beserings gedek.

Coetzee het volgens SA Rugby se mediaverklaring oor die span gesê dat veranderinge tot die minimum beperk is, “wat beteken dat ons kan voortgaan om aan ons kontinuïteitsplan te werk wat so belangrik is”.

Tog jammer hy het dit nie verlede jaar al ingesien en toegepas nie…

Die span –
15 Andries Coetzee, 14 Raymond Rhule, 13 Lionel Mapoe, 12 Jan Serfontein, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Oupa Mohoje, 6 Siya Kolisi, 5 Franco Mostert, 4 Eben Etzebeth, 3 Frans Malherbe, 2 Malcolm Marx, 1 Tendai Mtawarira. Bank: 16 Bongi Mbonambi, 17 Steven Kitshoff, 18 Coenie Oosthuizen, 19 Pieter-Steph du Toit, 20 Jean-Luc du Preez, 21 Francois Hougaard, 22 Frans Steyn, 23 Dillyn Leyds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Josua Keys ·

En so hang Jaco Kriel weereen in die wolke rond sonder n valskerm, Allister hou asb om hemelsnaam op om die ANC clowns gelukkig te hou en kies die beste speler op vorm vir die posisie, Jaco Kriel stap more oop oë in n All Black span in en net jy en jou sogenaamde keurders kan of will dit nie insien nie dieselfde met Ruan Combrink, ras is nie eens n opsie hier nie en as daar enige swart/ gelkeurde speler is wat enige van die twee se gelyke is dan sou ek dit verstaan, as jy na velkleur wil kyk is jou antwoord dan in die Bok-A span wat more aand speel, Kolisi is goed maar nie goed genoeg nie en Mahoje dieselfde, Jaco kon laasjaar homself nie bewys nie want hy het 15 Minute speelkans gekry , moes n patroon volg wat nie sy spel gepas het nie, as hy die Afgelope Saterdag gespeel het het ons beslis n grooter telling teen die Franse opgestel. Hou op om heuning om die twee spelers se monde te smeer en hul tyd te mors, die beste van alles is dat dit nie net ek is wat so dink nie maar tenminse75% van SA se Rugby kenners. Kriel / Notshe vlanke, Jean Luc en Kolisi op die bank, Jean kan selfs agtsteman speel en Warren en Kriel vlanke, hou dit asb in gedagte.

Marita ·

AC….dis net “EK het en EK dink…genugtig! Bredan Venter én Franco Smit is gesamentlik vlakke intellektueel hoër as sy benadering tov afrigting “peoples skill”, ens.!

Jaybee ·

Josua Keys jy is in die kol met jou kommentaar. Ek het geen probleem met gekleurde spelers nie net solank hulle die beste in hul posisies is. Rhule en die Beast het my nie juis beïndruk in die eerste toets nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.