Martiens Bekker se blink plan

Foto elizabethhayt.com

Foto: elizabethhayt.com

ʼn Mens kan maar net lekker lag oor die oor en weer-beskuldigings wat nou weer rondvlieg nadat die 51-jarige Adrian Gard uitgewys is as die man wat verlede jaar glo ʼn luistertoestel in die All Blacks se spankamer geplant het voor die Bledisloe-rugbytoets teen Australië in Sydney.

Gard, wat in 2000 seker moes maak dat Sydney veilig gehou is tydens die Olimpiese Spele, is ʼn baie bekende in veiligheidskringe. Noem hulle maar op – wanneer  ʼn BBP Australië besoek, pas Gard hulle op. Bill Clinton, Paris Hilton, Oprah Winfrey … en o ja, die All Blacks.

Hy was een van die All Blacks se groot vertroueling en pas hulle nou al vir 10 jaar op wanneer hulle in Australië speel.

Maar dié keer het hy glo self die toestel in een van die stoele versteek en later ‘ontdek’.

Hoekom?

Kan nie wag om te hoor wat hy gaan sê wanneer die hofsaak in Maart begin nie.

Spioenasie in rugby is so oud soos die spel self.  Luisterapparate, versteekte kameras, die onwettige bywoning van geheime oefeninge, spelers wat spangeheime laat uitlek,  vertroulike dokumente wat in taxi’s “vergeet” word, skoonmakers wat op spangeheime afkom wanneer hulle die spankamer opruim, vertroulike dokumente wat onder verkeerde hotelkamerdeure beland …

Dit het my laat terugdink aan jare gelede, toe die oud-Springbokstut Martiens Bekker ons laerskoolspannetjie afgerig het.

Ons het net drie lynstaantekens gehad, wat die skrumskakel aan die vleuel (ja, hakers het nie destyds die bal ingegooi nie) voor elke lynstaan gegee het. As hy sy hande agter die kop gehou het, word die bal voor ingegooi, hande op die heupe het in die middel en hande op die knieë agterlangs beteken.

Maar in die eindstryd het ons reeds met die eerste lynstaan agtergekom dat ons teenstanders presies dieselfde tekens het.

“Wat nou, meneer?” het ons rustyd gevra terwyl ons aan ʼn kwartlemoentjie gesuig het.

“Gee steeds die tekens, maar gooi die bal elke keer in die middel van die lynstaan waar ons langeraat gestaan het.”

En só het ons die teenstanders gemesmeraai en die liga gewen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hannah ·

Pieter…jy laat my nou ernstig wonder of “match-fixing” in rugby ook bestaan!

Kobus ·

Nou wonder ek Springbokke teen Japan…Wereldbeker…Toeskouer opkoms sou mos verbeter (as Japan die magtige Bokke kon wen ) vir hul ander wedstryde….

Nico K ·

Pieter ek hou van jou storie. Ongeag die lynstaan teken, gooi die bal op die langste ou. Ek was op Kuruman op skool en ons speel teen ‘n Engelse skool van Kimberley en ons haker werk toe hul lynstaantekens uit. Elke keer as hy iets roep wat jy kan drink is dit voor en as dit iets is wat jy kan eet is dit agter. Maar op Kuruman was die ouens se Engels nie so goed nie en toe hul haker skree “cabbage” is ons man heel deurmekaar. En hy skree: “Haai ouens eet mens cabbage of drink jy dit.”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.