Marx mag dalk reg wees vir derde toets teen Engeland

Malcolm Marx – loop dalk die hele Engelandreeks mis. (Foto: Twitter)

Die Lions se haker en ook die ongetwyfelde eerste keuse vir die Springbokspan, Malcolm Marx, sal as alles goed gaan waarskynlik net in die derde toets teen Engeland kan speel.

Die Leeus Rugby-Maatskappy het Woensdagoggend in ʼn mediaverklaring aangekondig dat Marx ʼn ”hoëgraadskeur” in ʼn dyspiertendon opgedoen het. Hy is verlede Saterdag ná net ʼn paar minute van die wedstryd teen die Hurricanes in Wellington vervang.

Hoewel ʼn operasie nie nodig is nie, sal dit vir Marx na verwagting “minstens ses weke” neem om te herstel, luidens die Lions-verklaring.

Dit beteken dat Marx, as alles goed gaan, eers weer op 20 Junie reg sal wees as aanvaar word sy ses weke begin van nou af.

Die toetse is op 2 Junie teen Wallis en dan op 9, 16 en 23 Junie teen Engeland.

♦ Dit is te betwyfel dat daar selfs in die derde toets teen Engeland met Marx gewaag sal word. ʼn Dyspier is ʼn moeilike besering waar die terugkeer na aktiewe sport gewoonlik baie versigtig benader word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

nico k ·

Strauss speel nou weer uitstekende rugby. As plaasvervanger kan Rassie gerus na hom kyk.

Jack Russl ·

Los hom eerder dat hy ten volle herstel. Hierdie Junie toetse is buitendien nie sterkte teen sterkte nie. Heelwat sterk spelers word gerus en ander kans gegee.

Maak seker dat hy reg is vir die Rugby Championship teen NZ

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.