Matfield bly tuis; Lambie by Bokke

Victor Matfield

Victor Matfield

Victor Matfield was nie deel van die Springbokke se marathonvlug van 22 uur na Buenos Aires nie, maar Pat Lambie is wel deel van die span.

Volgens Supersport is Matfield Dinsdag in Pretoria gesien waar hy besig was om rehablitasie vir sy kraakbeenskeur te ondergaan.

Dit beteken dat die Springbokke die Poemas Saterdag met dieselfde drie slotte moet pak wat op Loftus tweede beste van die stryd afgekom het. Eben Etzebeth en Lood de Jager sal waarskynlik van die bank af deur Bakkies Botha ondersteun word.

Juan Smith sukkel met `n dyspier, maar as hy fiks is, kan hy of Oupa Mohoje as lovsoorspelers saam met Duane Vermeulen lynstaansteun verleen. Dit geld ook die moontlike insluiting van Warren Whiteley as bankdekking vir agsteman.

Pat Lambie het geskitter in die tyd wat hy die naweek vir die Sharks teen die Pumas in aksie was en bied aan Heyneke Meyer ekstra opsies op losskakel en heelagter.

Intussen word daar met belangstelling dopgehou wie Meyer as skakelpaar en buitesenter gaan kies nadat Ruan Pienaar (soos François Louw) die naweek hul waarde op veral nat velde uitgestal het.

Die hoop bestaan nog dat Matfield oor twee weke beskikbaar sal wees wanneer die Bokke na Perth vlieg vir die Rugbykampioenskaptoets teen die Wallabies.

Die Springbokke sou hul eerste oefensessie Dinsdag gehou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.