McCaw terug vir die All Blacks op Ellispark

1200-richie-mccaw[1]Richie McCaw sal ingesluit word in die beginspan van die All Blacks wat Saterdag op Ellispark teen die Springbokke uitspeel om die Castle Rugbykampioenskapskroon.

McCaw se kniebesering is iets van die verlede. Die besering het hom verhinder om teen die Bokke op Eden Park en teen die Poemas in La Plata te speel. Hy vervang Sam Cane as die nr.7-flank.

Owen Franks is steeds eina met sy liesbesering en word op vaskop vervang deur Charlie Faumuina. Franks se broer, Ben, speel van die bank af.

All Blacks – 15 Israel Dagg, 14 Ben Smith, 13 Conrad Smith, 12 Ma’a Nonu, 11 Julian Savea, 10 Aaron Cruden, 9 Aaron Smith, 8 Kieran Read, 7 Richie McCaw (kaptein), 6 Liam Messam, 5 Sam Whitelock, 4 Brodie Retallick, 3 Charlie Faumuina, 2 Andrew Hore, 1 Tony Woodcock.
Plaasvervangers: 16 Dane Coles, 17 Wyatt Crockett, 18 Ben Franks, 19 Steven Luatua, 20 Sam Cane, 21 Tawera Kerr-Barlow, 22 Beauden Barrett, 23 Charles Piutau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.