Meesterlike Pollard trek Poemas se tande

Die Bokke vier hul oorwinning. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

Terwyl kenners die afgelope week gesê het dat Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners eerder na skolerugby moet kyk vir daardie tikkie hoop vir die toekoms, het die Springbokke in Salta gewys dat hulle óók vir ’n rooskleurige toekoms kan sorg; veral met die Wêreldbeker-rugbytoernooi om die draai.

Die Bokke het gister in Suid-Amerika die Rugbykampioenskap vir die eerste keer in 10 jaar gewen toe hulle die Poemas 46 – 13 afgeransel het. Om dié prestasie in perspektief te plaas: Die Suid-Afrikaners kon laas met die louere in die toernooi wegstap toe dit nog as die Drienasies bekend gestaan het en met Danie Rossouw wat nog vir hoofbrekens gesorg het – ’n hele 3 619 dae gelede.

Handre Pollard in aksie. Foto:. (AP Photo/Florencia Tanjun)

Tendai Mtawarira en Frans Steyn is die enigste oorblywende spelers uit Peter de Villiers se groep wat destyds die septer geswaai het, en veral die Beast het gister die horlosie teruggedraai om ’n hele paar deurslaggewende duikslae uit te voer. Steyn het self sy vaardighede uitgestal toe hy Cheslin Kolbe se drie laat in die tweede helfte gemaak het.

Maar die helderste ster, in ’n hemelruim van 23 Boksterre, was Handré Pollard. Die Bulls‑, en nou Montpellier-, generaal, het alles gedoen wat dr. Danie Craven van ’n losskakel verwag, behalwe om te drop.

Handre Pollard druk ‘n drie. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

Hy het uiteindelik 31 van sy span se punte aangeteken te danke aan twee drieë, drie doelskoppe en vyf strafskoppe.

Die Argentyne kan deesdae saam met van die groot honde in wêreldrugby blaf – hul Superrugbyspan het in die eindstryd teen die Crusaders gespeel en hulle het die All Blacks en die Wallabies goed in vanjaar se Rugbykampioenskap skrik gemaak.

Hulle het gister ook sommer binne die eerste paar minute se spel al bloed geruik toe Santiago Cordero ’n skop goed opgevolg het ná skitterwerk deur Nicolas Sanchez.

Franco Mostert in aksie. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

Die Bokke het 10 minute later met ’n drie van hul eie geantwoord toe Bongi Mbonambi – wat saam met Mtawarira en Trevor Nyakane in die voorry gesak het – ná ’n goeie lynstaan sy stem dik gemaak het.

Hoewel Sanchez se skopskoen vir die Argentyne in die wedstryd gehou het, het die voorspelers en Pollard gesorg dat die besoekers stelselmatig die oorhand in die eerste helfte begin kry  en Rassie Erasmus se troepe het ’n gemaklike rustydvoorsprong van 24 – 13 geniet.

Die Bokke het ’n verdere 22 punte in die tweede helfte aangeteken, terwyl hulle gereeld die Argentynse aanslae afgeweer het.

Handre Pollard, Willie le Roux en Makazole Mapimpi. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

Ná 80 minute se spel is die Suid-Afrikaners welverdiend as die wenners aangewys, nie net van dié wedstryd nie, maar ook van die Rugbykampioenskap-reeks.

En met die All Blacks wat óf besig is om almal ’n Wêreldbekerrat voor die oë te draai, óf rêrig besig is om te sukkel, lyk vooruitsigte tans ’n bietjie beter vir dáárdie Wêreldbeker-openingswedstryd op 21 September in Yokohama.

Dit was beslis die moeite werd om tot ná 23:00 vir Springbokrugby wakker te bly.

Afrigter Rassie Erasmus. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

Puntemakers:

Springbokke: Drieë: Handré Pollard (2), Bongi Mbonambi, Makazole Mapimpi, Cheslin Kolbe. Doelskoppe: Pollard (3). Strafskoppe: Pollard (5).

Argentinië: Drie: Santiago Cordero. Doelskop: Nicolas Sanchez. Strafskoppe: Sanchez (2).

  • Finale Rugbykampioenskap-puntestand:
  1. Suid-Afrika 12 punte
  2. Australië 8 punte
  3. Nieu-Seeland 6 punte
  4. Argentinië 2 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

ABEL van der Merwe ·

Die POEMAS het baie maklike strafskoppe af gestaan wat POLLARD in punte om gesit het. Dit het dus die telbord laat rol. Voorspelers was goed. Agterlyn kan nie dieselfde sê nie. Min goeie bewegings in dien wel.
Die SPRINGBOK gees is terug op die regte tyd en ek dink die wêreldbeker gaan interessant wees. Gelukkig is ons nie waar die ALL BLACKS is nie.

Jimmy ·

Oorwinning sê nie veel nie. Pumas is nou no. 11 in die wêreld, selfs na Japan.

Swartwolf ·

Wat ‘n wedstryd! Regte bokke op die regte tyd gewys wat hul van gemaak is. Voorste agt was fantasties veral vaste fasette. Beast het weer gekook. Kwagga was wereldklas OP verdediging en losbal en die hele span speel stukke beter met ‘n regte leier soos Vermeulen aan die stuur. Dan Pollard, een van die beste losskakels in wereldrugby – hoe het hy nie deur duikslae gehardloop vir sy 2 driee nie? Dan is daar nog een oog kritici wat se hy is stadig….al wie stadig gelyk het was die argentynse verdediging. Hoop Rassie hou die span bymekaar veral Vermeulen as kaptein. Hy maak ‘n reuse verskil bo die gewone kaptein.

Schalk ·

Geluk bokke. Maar julle sal moet slaankrag kry in die agterlyn. Mpimpi se verdedigging is kommerwekkend. As ons na Australie se agterlyn kyk vs New Zealand …..is ons bietjie ver agter. Voorspellers was uitstekend

Frans C ·

Die voorspelers het die grondslag gelê vir die oorwinning.Sanchez het Pollard se vertoning bederf toe hy in die eerste minute verby hom is vir die Poemas se drie.Verder was hy goed met die bal wat hy op die voorvoet ontvang het.

Hoop nou net politici steek nie hul neus in die span se samestelling in nie en bederf al die goeie werk wat tot dus ver bereik is.

Nico ·

Franc C dit is ongelukkig wat gaan gebeur. Vermeulen sou Rassie se kaptein van die begin af gewees het maar politiek het gesorg dat dit die oorskatte paloeka Siya is. Ten spyte van berigte dat Kwagga bobaas was gaan politiek weer vir Siya kies.

kolla ·

Nico – Kwagga was die swakste van die losvoorspelers in aksie gister alhoewel hy niks verkeerd gedoen het nie.. Kolisi sal egter die span versterk in vele opsigte.

Swartwolf ·

FranC stem heeltemal saam. Kyk hoe het bokke verbeter die afgelope drie wedstryde met Duane as kaptein terwyl die kwota kaptein water dra. Duane is ‘n ware leier na 50 min begin die vorige kaptein ly. Kwagga het meeste verkeerd gewys sy werk verrigting is dubbel water joggie s’n. Rassie gaan die span se kans om die WB te wen knou deur Duane af te haal as kaptein. Watter waarde sal kolisi tot die span toevoeg ??

Nardus ·

Kan iemand wat rugby ken asb vir my sê wat die rede is dat Faf so ongelooflik lank vat om te skop? En hy wys vir die opponente presies wat hy beplan. Hoekom? Kolbe was baie vinniger agter die skum in die tyd wat Faf van die veld af was. Help my asb, duidelik is ek clueless tiv nr9 spel

Sam ·

Vra ek ook Nardus. Hy is defnitief nie die nr 1 nie. Rassie moes hom al op 20 min vervang het

Braam ·

Mooi so Bokke. Ek sal Reinach speel op nr 9. Faf is geheel en al te voorspelbaar en te stadig

Moos ·

Gee asseblief vir Reinach die nr 9 trui eerskomende Saterdag met Herschelle Jantjes op die bench.

Jan P ·

Dit was opeindende rugby van die bokke! Sal net graag vir Steyn in die beginspan wil sien. Francois Louw moet begin. Willie le Roux se beste is verby. Steyn op heelagter? Baie moed vir wereldbeker! Go Bokke go!!

Herman ·

Steyn op 15, Reinach op 9. Ons 11,12, 13 en 14 is nog 50-50

kolla ·

Kolbe, De Allende, Pollard, Stef, Mostert, Nyakane en Mbonambi baie goed. Kolisi sal span versterk. Faf en Le Roux sal moet sokkies optrek. Ek sal Am vervang met Kriel en Mapimpi met ‘n beter vleuel in die beginspan..

Nico ·

Kolla Siya is net so goed soos ‘n papier skakel in ‘n staal ketting en hy is die papier skakel. Bring hom terug dan moet jy ook die geringe kans wat die Bokke het af skryf vir WB.

Nico ·

Kolla ek kan sien hoekom jy jou naam Kolla noem. Jy wou seker eintlik Kolle sê. ANC kolle.

Swartwolf ·

Stem saam met jou Nico daai onnoslike gekolisi al die tyd. Almal kan tog sien die span is myle beter sonder hom maar dis meer politieke retoriek as rugbykennis wat die makker se snertkwytrakery dryf.

Rinkhals ·

Die voorspelers was brilliant. Vermeulen ware leier. Span verbeter elke wedstryd met hom as kaptein. Kwagga uitstekend met baie beter werkverrigting in die los en op verdediging. Vorige kaptein sal span verswak, lae werkverrigting en afwesige leierskap vermoe. Met Dwane as kaptein het bokke kans op wereldbeker. Met ‘n ander kaptein nie.

ALL BLACK ·

Die meeste rugbykenners het nooit self gespeel nie, so moenie jou te veel aan die kenners steur nie !Kyk maar wie skree die hardste vir die TV terwyl die wedstryd aan die gang is, gewoonlik die ouens wat nooit self op die veld was nie. Dieselfde gebeur by skolewedstryde, die seun moet nou doen wat die pa nooit kon regkry nie.

Antoon ·

Ernstige vraag: Wanneer laas was die AB derde in ‘n kompetisie?

Stier ·

Maroela nooi mense om kommentaar te lewer. Nie net kenners en reuse van die spel in die verlede soos jy nie. So laat ons weet watter land en hoeveel toetse en/of wereldbekers jy verteenwoordig het laat die res van die sterflinge hier jou meer respek kan betoon.

Kokkie ·

Kan iemand my dalk help. Vereis die politici dan nie dat die span vir die WB uit 50/50 wit en gekleurde spelers moet bestaan nie. Hoe gaan die span daar uit sien as hierdie vereiste wel toegepas word ?

kolla ·

Kokkie – besef jy dat daar gister 7 spelers van kleur in die beginspan was? Wanneer Kolisi terug is, kan daar maklik meer gekleurde spelers as wit spelers op meriete en op vorm in die beginspan wees.

Piet Pille ·

ALL BLACK jy is so reg. Wysneuse is volop, kenners maar skaars.

Buffel ·

Hou Duane as kaptein. En kwagga op ses. Vorige kwota nar ses gaan net die leierskap in die span laat agteruitgaan. Duane homself bewys die afgelope drie wedstryde.

TLC ·

Oe e e ek het die game geniet
Net jammer al die beste spelers sit op hul banke en kyk die game op TV
GO BOKKE LUV JUL

SjN ·

Faf, al kry jy die opdrag, wil net vir jou sê dat jou skoppe werk nie.

KAKtus ·

Haal daai slappap op heelagter uit. Het nou sy naampie vergeet, en vervang met, wel dit maak nie rerig saak nie, selfs kolosi sal beter daar doen.

Johan ·

Stem saam met die skrywer, die All Blacks is besig om almal ‘n rat voor die oe te draai. Ek beskou hulle nog steeds as die beste span in die wereld !

Ben ·

Stem Johan. Ek dink ook die “All Blacks” is hier besig met ‘n “Poker” Strategie. Net soos wat ons Krieket spelers die nommer een was en met ‘n slap grootkop riem gevang is. Ek sal glad nie verbaas wees as die wenner van die Rugby Wêreld Beker 2019 die “All Blacks” is nie.

George in Bloem. ·

“…Kolisi sal die span in vele opsigte versterk……” Hahahahahahaha!!!! Dis die kommentaar van die dag.Ek het lanklaas so lekker gelag. Maar dit daar gelaat….. baie geluk aan Rassie en sy afrigtingspan en natuurlik die Bokke. Ek hoop en vertrou hulle kan hierdie momentum voorentoe na die Wereldbeker toe vat en ons weereens baie trots maak soos in 1995 & 2007.

kolla ·

Ha, ha. Die kwota-moaners is besig om nie net hulle woorde te sluk nie maar sommer hulle tande ook. Gister was daar 7 spelers van kleur in die beginspan en as jy in ag neem dat Kolisi ook gaan begin en Herschelle Jantjies op vorm bo Faf behoort te begin, dan behoort daar op vorm en meriete 9 spelers van kleur in die beginspan te wees.

Swartwolf ·

Jy verstaan nie die konsep van ‘n kwota speler nie. Daarom is alles wat jy hier kwytraak oor kwotas net snert. Hoe meer jy daaroor praat hoe meer wys jy jou minimale begryp.

kolla ·

Ek hoop regtig Coetzee kry ‘n kans bo kwakkies Saterdag. Ons kan nie nog ‘n middelmatige en onderpresterende vertoning van kwakkies bekostig sonder om Coetzee se deugde te toets nie. Kolisi en Louw is seker keuses, ons sal moet seker maak wie van kwakkies of Coetzee as reserwes wereldbeker toe moet gaan.

Lekker lag ·

Coetzee is nie beter as Kwagga nie. Ook nie water boi nie. En as Whiteley terug was was daar nog minder plek vir albei van hulle.

kolla ·

En die kwota haters raak al stiller en stiller. Lekker man, lekker.

Johan Pretorius ·

Kolisi sal verseker nie die Springbokspan versterk nie. Hy kan maar net span kry in n span soos die Stormers wat nog nooit die Super beker kon wen nie. Hy is ook nie n kaptein nie. Die beste kaptein is Duane Vermeulen.

Ben ·

Stem saam met jou Johan. Kolisi is nie ‘n bal jagter nie. Alhoewel die span fisiese sterker is, gaan minder bal besit verkry word. Dit beteken meer verdediging , minder punte en uit eindelik ‘n verloor.

Slimjan ·

Kolla lyk my jy ken jou rugby daai kwagga moet begin water aandra en wat Kolisi betref briljante kaptein en man van min woorde . Kom WB en hy speel al wat oogklappe op tjoepstil want lyk die rerige kwotas speel rugby voor die TV!

kolla ·

Beslis. Kyk nou vir kwakkies gister, na 50 minute hang sy tong uit soos ‘n onfiks hond. Weet nie waarvan hy moeg was nie want hy staan gedurig rond in die agterlyn se pad en niks doen nie. Rassie toe genoodsaak om hom af te haal en ouman Louw op te stuur wat toe onmiddellik ‘n impak maak in teenstelling met kwakkies wat net losgehang en niks gedoen het nie. Hierdie kwakkies is nie toets gehalte nie, stuur hom liewers na Powell se 7’s toe.

Swartwolf ·

Man van min woorde soos jy terug se want daar gaan nie veel daarbo aan nie ou slimstes. ‘n Kaptein moet kan kommunikeer gewoonlik deur te praat.

kolla ·

Ons beste skrumskakel speel natuurlik vleuel. Hierdie Kolbe kêrel is nou wat Dok Craven ‘n regte voetbôller sou noem.

kolla ·

Hier is ‘n uitdaging aan al die Kwagga fans. Kyk weer die wedstryd en dan rapporteer julle hier hoeveel balle en in watter minuut van die wedstryd Kwagga enige balle omgekeer het (julle sê mos hy is ‘n baljagter). Terselfdertyd rapporteer sommer hoeveel keer en wanneer hy met die bal in hand die voordeellyn oorgesteek het. Doen dit en ek belowe ek sal weer kyk, miskien het ek iets gemis. Ek wag…..

Stier ·

Ag hete jy mis meeste wat in ‘n wedstryd aangaan dit weet ons by nou. Kyk die wedstryd teen die Aussies weer dan sien jy hoe mooi het jou kwota held die water gedra, hy is ‘n natural. Los kwagga is is ‘n baie beter speler en Vermeulen ‘n kaptein.

Slimjan ·

Nee wrintie waar Kolla ou kwakkies of kwaggies gaan veroorsaak dat ek my tv stukkend gooi, geen balvernuf of plan waar speel die ou eintlik? nee man Rassie gee Coetzee tog ook n beurt! Kom wat wou

kolla ·

Slimjan, lyk my ek en jy is die enigste ouens wat nie die rugby deur ‘n brandewynglas kyk nie. Hier gee ek nou die kwakkie fans ‘n kans om my verkeerd te bewys, maar niks.

kolla ·

Die eerste keer wat kwakkies in ‘n toets sien speel het, het ek gedink daar’s iets fout met my tv of oë want ek kon hom glad nie in die lynstaan sien nie. Maar nou weet ons hy sal altyd MIA wees as dit by lynstane kom.

Jerry ·

Die bokke maak my trots wanneer hulle goed speel as n span en wen! Kwota spelers of te nie, Rassie se kombinasies werk! Dit verbly my hart dat meeste kommentators verby ras kyk. Inteendeel, dit verbly my hart dat diegene wie hier kommentaar lewer nog DSTV het!

Henry ·

Jy is klaarblyklik onbewus van die feit dat DSTV nie die enigste toegang bied tot sport uitsendings en gebeure in die res van die planeet nie.
:-)

Avokado ·

Juffrou: “Erroll, gebruik die woord “verdwyn” in ‘n sin.”

Errol: “Rassie sê vir Eben Etzebeth hy moet die bal Verdwyn Vermeulen gee as hy getackle word.”

JohanL ·

Ek is nie so seker dat die All Blacks almal ‘n rat voor die oe draai nie. Geen span (VERAL nie die All Blacks nie) speel doelbewus swak nie.

Het hulle beste span gespeel? Waarskynlik nie, alhoewel baie van hul beste individue op die veld was. En met vele kommentators wat reken die All Blacks se “tweede span” sal selfs die Bokke wen, was die All Blacks Saterdag nie op die veld met ‘n swak span nie. Allermins. Die Bledisloe beker is enorm vir hulle.

Ek glo nie Hansen eksperimenteer nog nie – behalwe miskien met Barrett op heelagter om te kyk hoe hy daar vertoon? Verder dink ek hy balanseer tussen “speler beskerming teen beserings” en wen van wedstryde. En dit het ongelukkig vir Hansen nie so lekker uitgewerk nie.

Die verloor teen die Iere laas seisoen plus die onlangse uitslae teen die Bokke en nou die verloor teen Oz, plaas die All Blacks “op die slegste” gelyk met ander spanne soos Engeland, Ierland en die Bokke. Op sielkundige vlak het laasgenoemde spanne beslis die besef gekry dat die All Blacks gewen kan word. Ja dit sal steeds moeilik wees, maar daardie aura van onoorwinlikheid is bietjie gebreek en dit is beslis nie wat die All Blacks sou wou weggee voor die Wereldbeker nie.

Hulle bly steeds ‘n baie goeie span, maar van die ander spanne besef hulle kan geklop word. Een “verkeerde” swak wedstryd vir die AB’s by WB en hulle is uit.

kolla ·

Die AB’s speel verseker nie so goed soos twee/drie jaar gelede nie, dit beteken egter nie dat hulle nie steeds goed genoeg is om die wereldbeker te wen nie. Dit maak alles net meer interessanter siende dat hulle nie hierdie wereldbeker ingaan as volslae gunstelinge soos in die verlede nie.

Henry ·

Moenounie dat die ge-waggery jou na verkeerde paaie en papsakke lei nie…………..
:-)

Henry ·

Dat die AB’s steeds ‘n goeie span en potensiële wenner van die 2019 Wêreldbeker mag wees, ly geen twyfel nie. Enige siel wat regop loop en tot by 10 kan tel, weet dit.

Dat daar hierdie jaar 5 ander spanne is wat oor die vermoëns en spelers beskik om die beker omhoog te hou, is mynsinsiens’n werklikheid. Wallis, Engeland, Ierland, Australië en Suid Afrika het benewens NZ, ook ‘n realistiese kans om as wenner uit die stryd te tree. Dan is daar nog wille perde soos Frankryk wat reeds by twee vorige geleenthede die AB’s laat winde sluk en toksakke moes inpak.

Hoe ewwir. Skytsregters, beserings, spring vannie bol en sakke vol goeie geluk sal uiteindelik vir trane van verdriet of van geluksaligheid ten gevolg hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.