Mengsel van jonges en toetsspelers in SA A-span

Ruan Combrinck – In die SA A-span na hy verrassend uit die Bokgroep gelaat is (Foto: GB Jordaan)

Dis ʼn mengsel van ʼn paar ervare spelers met die res wat werklike nog in die ‘opkomende klas’ van Suid-Afrikaanse spelers val wat Allister Coetzee-hulle vir die SA A-span se twee wedstryde aanstaande maand teen die Franse Barbarians gekies het.

Daar is net nege spelers in die span met toetservaring, en net ʼn verdere drie wat al op hierdie vlak gespeel het, in die groep van 26.

Trevor Nyakane, Ruan Combrinck, Juan de Jongh en Lionel Mapoe is die mees ervare toetsspelers, met Uzair Cassiem, Jean-Luc du Preez, Francois Venter, Jano Vermaak en Jamba Ulengo wat saam in net nege toetse uitgedraf het.

Chris Cloete, Wilco Louw, Ox Nche, Sikhumbuzo Notshe, Lionel Cronje, Warrick Gelant en Harold Vorster was ongetwyfeld onder bespreking toe die Bokgroep gekies is.

In die geheel is dit nietemin taamlik naby aan Suid-Afrika se volgende vlak spelers ná die Springbokgroep se 31.

SA A-span –

Voorspelers (14)
Stutte: Thomas du Toit, Wilco Louw, Ox Nche, Trevor Nyakane
Haker: Franco Marais, Ramone Samuels
Slotte: Ruan Botha, Andries Ferreira, Jason Jenkins
Losvoorspelers: Uzair Cassiem, Chris Cloete, Jean-Luc du Preez, Sikhumbuzo Notshe, Andisa Ntsila

Agterspelers (12)
Heelagter: Warrick Gelant;
Vleuels: Ruan Combrinck, Makazole Mapimpi, Jamba Ulengo.
Senters: Juan de Jongh, Lionel Mapoe, Francois Venter, Harold Vorster.
Losskakels: Lionel Cronjé, Fred Zeilinga
Skrumskakels: Dewaldt Duvenage, Jano Vermaak

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Speedguard ·

Ruan, Gaan speel oorsee ou seun, hier plaas ander jou talent onder die maat beker, gaan vedien en word wardeer vir wat jy is en vir jou talent, as jy op SARU wag gaan jy ook soos ander tot in ewigheid wag vir almoese !! Gaan, hier in SA word alle SA spelers oorsee dopgehou en word hul lekker ondersteun ! Jy Het mos nou jou hoogste sport bereik in SA wat kan hul jou verder bied behalwe benadeel!

Bollie ·

Ruaaan is in die A-span. Hy’t die hele jaar omtrent nie rugby gespeel nie. Die uitlating van SP Marais is lagwekkend.

Frans C ·

Beste Bollie
Ek het jou weggelate spelers gesien wat jy gelys het op ‘n ander berig.Net dit, as die lotjie gespeel het,het jou span nog ‘n groter pak gekry.

joe1975 ·

Ek stem saam met speedguard. De Allende het nie een wedstryd gespeel nie en is in die bok span en hy was in 2 seisoene nie eens op vorm nie. Dan waar in jou lewe is Ramone Samuels beter as Akker of Robbie Coetzee. Lagwekkend eb so sal ons net bog spelers verloor.

Cjan ·

Bollie as Bollie bollie praat gaan bollie op n ander planeet. Bollie ek stem saam met SP, maar Ruaan is van die beste vleuels in die land. Ek dink nie jy Sa die Lions teen die Bulle gekyk nie. Ruaan het n fantastiese game gehad.

Nico K ·

Cjan, mens kies nie spelers op een fantastiese wedstryd nie.

ChrisH ·

Comrink was immers die in die Bok span toe hy beseer was. In die wedstryd teen die bulls het hy gewys dat hy nog net so skerp soos altyd is. Kon hom van die bank af speel teen die Franse. Vorm is tydelik, klas is permanent

Poot ·

Met die uitsondering van n paar spelers, sien ek swarigheid vir die spannetjie. AC het nie n benul waartoe hy homself inlaat nie. Hierdie span gaan die Boknaam en Boklegende net nog meer skade berokken.
Hoop AC het ‘n plan B…….of sal ek eerder sê ‘n B-span.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.