Mening: Dra jou groen trui met trots en steek daai vure aan

Wees opgewonde saam met die Bokke. (AP Photo/Christophe Ena)

Kyk, die internasionale media het selfs gesê dat die Olimpiese 50 km-stapitem interessanter sal wees as om die Bokke in vanjaar se Wêreldbeker dop te hou. Maar dit was ’n Nieu-Seelandse joernalis wat dit geskryf het, en sy span speel vandag in die bronsmedaljewedstryd teen Wallis.

En om’n karakter uit die platvloerse Hollywood-komedie Grandma’s Boy aan te haal: “Sucks to be you!”

Ja, sal die suurknolle sê, die All Blacks oorheers wêreldrugby en al is hulle nie in die eindstryd nie, is hulle steeds die internasionale pronkspan.

Vaardigheidsgewys is daar seker inderdaad niemand wat vir die Kiwi’s kan kers vashou nie, maar sal hulle nie veel eerder ’n hele paar van hul wegholoorwinnings teen top-spanne in “gewone” wedstryde verruil vir ’n kans om hul Wêreldbeker-titel te verdedig nie?

Dit is waarskynlik soos die Protea-krieketspan (toe dit nog goed met hulle gegaan het) wat almal in die opbou tot ’n Wêreldbeker-kriekettoernooi vermorsel, net om later met ’n groot gejuig oor die Wêreldbeker-hekkie te struikel.

Dieselfde brompotte wat nou die All Blacks ophemel, kla tien teen een ook oor die Proteas omdat hulle nog nie die silwerware huis toe gebring het nie.

Daardie kloutjie kan ek nie heeltemal tot by die oor bring nie.

Maar terug na die Bokke en hul etiket van vervelige rugby.

Om dinge in ’n neutedop op te som: Dit is nie baie mooi nie en glad nie interessant nie, maar op een of ander manier wérk dit net.

Vervelige struktuur-rugby is soms nie ’n slegte idee in ’n eindstryd nie. Daarteenoor kan flair en hardlooprugby (ai, dáárdie woord) soms lelik flop wanneer die drukkoker se temperatuur styg.

Eddie Jones (Engeland se afrigter) weet ook wat om van die Bokke te verwag.

“Suid-Afrika sal waarskynlik dieselfde soort rugby speel as wat hulle gedurende die hele toernooi gespeel het. Daarom sal ons hulle moet vasvat in die armdrukstryd, en wanneer ons die geleentheid kry om die spel meer vloeiend te maak, sal ons ons bes moet gee om daardie geleenthede doeltreffend te benut,” het Jones aan The Independent gesê.

“Maar die Bokke is klipharde teenstanders en ons sal vrek hard moet baklei om hierdie een te wen,” het hy bygevoeg.

Net so is Jones se Engelse span ’n gedugte eenheid wat by tye in die halfeindstryd vir Nieu-Seeland lekker rondgeboelie het.

Voor die tyd het baie kenners gemeen dat Engeland se terriëragtige manier van spel van hulle die enigste span sal maak wat vir Nieu-Seeland kan klop. Hulle het dit toe terstond gedoen en vir Suid-Afrika ’n reuseguns bewys.

Maar as iemand vir jou aan die begin van 2018 gesê het dat die Bokke in die eindstryd van die Wêreldbeker sou speel, sou jy hulle geglo het?

Nee, definitief nie, is die eenvoudige antwoord op die vraag.

RG Snyman is een van die Bokke se staatmakers. (AP Photo/Mark Baker)

Die sportsielkundige, dr. Henning Gericke, het vroeër vanjaar aan Maroela Media gesê dat die Bokke onder Rassie Erasmus se toesig besig is om ’n opwaartse kurwe te toon, nie net wat hul vertonings op die veld betref nie, maar ook wat hul kopsielkunde betref.

Die sukses van John Smit se 2007-span kan toegeskryf word aan die feit dat hulle geweet het hoe om wedstryde te wen, nie net die belangrikes nie, maar ook die kragmetings wat op ’n mespunt gebalanseer het, het Gericke gesê.

Nou ja, het die Bokke nie verlede week se wipplank-skop-halfeindstryd teen Wallis gewen nie? As jy by tye só onbeholpe lyk en steeds wen, dan weet jy die momentumgolf is besig om in jou rigting te swaai.

En buitendien, Suid-Afrika het nog nooit teen Engeland in ’n Wêreldbeker-eindstryd verloor nie.

Vergeet nou maar vir eers van die kritiek, los dit vir ná die eindstryd; elke wedstryd begin in elk geval op ’n skoon bladsy.

Speel vir Leon Schuster en vir Robbie Wessels oor die draadloos, steek die vure aan, dra jou Boktrui en wees gelukkig wanneer Faf vir ’n slag ordentlik skop en Willie die bal raak vang: Dit is baie beter as om in sak en as oor die Bokke se kanse te wees.

En dalk, net dalk, verras hulle jou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Agter die skerms ·

Ons by ons werk het almal die groen en goud aan – en kan nie wag vir more nie – ons skreeu en sing al hier binne ons “Hier kom die Bokke, hier kom die Bokke”. Daar sal geskreeu word – stemme sal hees wees soos ons skreeu.
Ons is daar vir julle Bokke…….

Valerie ·

My lewe is verby en al my ou traantjies en tisdues ook klaar, want ek kan nou nie meer langer, saam jive op die hakka akka van my geliefde All Blackies nie,my hart is gebreek

Kerneels ·

Net so, Agter-die-skerms. Ek voel ook so. En ook so miljoene ander Suid-Afrikaners! Go Bokke!

Cornette ·

Eks nie n groot rugby aanhanger nir maar eks n trotse Bloubul en Springbok ondersteuner.

Go Bokke. Bring die beker huis toe.

Judge Dredd ·

Maroela julle bewys maar net wats fout met die media – probeer dink/voorse vir die mense – en die ander word gesensor.

bokke ·

Verwyder hierdie negatiewe, onpatriotiese siel se kommentaar ook asseblief.

bokke ·

Verblydend om te sien dat Maroela geen negatiewe, onpatriotiese snert hier duld nie.

Dankie ·

Ek is so bly MM sensor die suurknolle bietjie! Hulle verteenwoordig die verre minderheid, maar versuur alles! Go Bokke! Trots op julle!

Swartwolf ·

Bokke – dis ‘n vry land mense kan watter span ookal ondersteun. Almal hoef nie die bokke te ondersteun nie net. Gaan kyk daar om jou in die kaap is heelwat all black ondersteuners. Preek vir hulle, dis die van ‘n tipe af wat stormers skree in super rugby en all blacks in toetsrugby. Dis nou vir jou onpatriotiese siele.

Annoniem ·

. Dit gaan n riller wees more, maar ons is n klomp wat beslis gaan kyk. Sterkte bokke!

Hagar ·

Ek is n groot ondersateuner van die bokke. Vanaf daai tyd dat die Van Vollenhoven vleul gespeel het en ons haarstyl soos syne was. Maar vandag skree ek ook vir die ha onderde jong spelers, vol talent, wat ook die ideaal gehad het om hiedie beker te lig, maar wat vanwee onregverdige kwotadruk n heenkome in die buitewereld moes soek. Lees maar weer van 22 jong seuns wat reeds pas na Gravenweek buiteland toe is. Ja mag die bokke wen, maar as die stof gaan le, is ons maar weer in hierdie aaklige landsomstandighede vasgevag.

Siener ·

Hoe meer hulle All Black ondersteuners probeer stilmaak hoe meer word All Black ondersteuners. More huil die Bokke. Nou skreeu ek ook vir Engeland.

Rugbysiener ·

Stem Siener. Sekeres hier dink patriotisme wen die wereldbeker. Maar hulle betaal nie hulle water en ligte nie want die ANC het 20 jr terug gese dit is verniet solank hulle ANC stem…..

PietS ·

Dis n skande dat MM nie vryheid van spraak toelaat nie. Mag n mens dan nie verskil nie? Dis erger as in die apartheids jare. Pasop dat jul leserstal nie krimp nie.

Valerie ·

Dit lyk of die “ons” kiem Maroela beet het, en dan het hulle die parmantigheid om vryheid van spraak te probeer beskerm maar los uiterste rassistiese kommentaar op sekere berigte, maar die wat nie oor die valse SA emosie tekere gaan en in vervoering raak oor niks soos die rugby, ens., , word stilgemaak.
Wat probeer hulle nou eintlik sê? Bang vir mense wat anders dink en voel?

Valerie ·

ja dis VREESLIK om te verloor,ek sal nooit oor my rugbyskok kom en nou hap ek maar na die BOK ondersteuners

bokke ·

Onpatriotisme word in geen lande se openbare, nasionale, media forums geduld nie (ek weet want ek het in baie lande gebly). Vryheid van spraak het perke en as dit dit volksamesyn bedreig, moet dit met wortel en tak uitgeroei word. Maroela doen net wat in enige ander land sou gebeur. Gaan soek aandag op New Zealand Herald se forums. Julle manteldraaiers gaan beslis nie hier gemis word nie.

Rugbysiener ·

Jy is nie die ANC nie en Maroela is nie die SABC of jou persoonlike nuuskanaal nie. Los mense uit Maroela sal besluit wat geplaas word of nie. Lees die Son daar uit jou geweste vir intellektuele stimulasie wat by jou aanmerkings pas.

Boer-in-die-Wind ·

Deur die Springbokke te ondersteun, ondersteun jy ook die land se kwotastelsel stilswyend. Om nie op te staan teen diskriminasie nie is volgens my eerder onpatrioties.

Rugbysiener ·

Wat hulle pas is patrioties as jy iets daaroor te se het is jy onpatrioties of rassisties. Wat is meer rassisties as die peslike kwota sisteem in sport of ee? Om 25 jr na rassisme nog steeds 50 m teen 5 m te beskerm ?

Boer-in-die-Wind ·

Mmmmmm Maroela Media, ook maar lekker besig om Naspers-agtig te raak.

DR ·

Stem saam boer in die wind,,,,, ek se England met 7. Kwota????

Kerneels ·

Vir julle klomp bitterbekke slegte nuus: Bokke met 3. MET Faf se skoppe EN Willie-magic

Positief ·

Aan al die All Black ondersteuners wil ek net twee dinge sê. Eerstens dink ek dis ironies dat jul agv ‘n kwota stelsel, ‘n span kies met die naam ‘All Blacks’ en tweedens, die All Blacks het dit nie gemaak nie, hulle speel nie vandag nie!

Vir die wat vies is oor die kwota stelsel wil ek net sê vat so, die kwota spelers het duidelik hul deel gedoen en verdien hul plek in die span!

Vir die wat Engelans vandag ondersteun wil ek vra of hul afstam van die sogenaamde ‘joyners’ tydens die boereoorlog?

En laastens wil ek vir die Bokke sê: Go Bokke! Ons hoop jul wen, maar selfs indien nie, het jul ons trots gemaak en julself uitstekend van jul taak gekwyt!

b ·

Mmmmm, en hoe rasionaliseer jy die kwatastelsel op bv. laerskool vlak vir jouself? (Vir die wat na ’94 gebore is.)
En nee, ek ondersteun nie die All Blacks nie, ek het net op gehou om die Springbokke te ondersteun.
En terloops, hedendaagse ‘joiners’ is dalk die wat die huidige onderdrukkers ondersteun.

Valerie ·

Aag,verskoon my maar, vandat my geliefde kiwi’s, n goeie pakslae gekry het, is ek gebroke en bitsig met my tong! My hartjie is aan flarde geruk en my papiersnesies is op, nes my trane

Johan ·

Ek is ontneem van my taal , nou dreig onteiening en die begin was die Ja stemmers van “92 met die krieket toer in Australia. Dankie, maar ek stel glad nie belang in enige sport,die prys was net te hoog . Johan

@Johan ·

Jy praat dan nog Afrikaans? En ek weet van geen grond wat summier onteien is nie? Is joune? So dankbaar vir die Ja stemmers, anders was dit net nog meer choas. Wat sou die alternatief wees? Dit gaan met my en my broers/sussies baie beter in die nuwe SA as wat dit met ons ouers gegaan het tydens apartheid. Nee wat, dit gaan goed en ek skreeu vir die Bokke. En as hul verloor sal ek hul nogsteeds ondersteun!

Siener ·

As die bokke wen is dit duidelik die kwota stelsel werk. Die regering moet dan kwota syfers nog lig na 70 swart en 30 a der kleure. Dis waarom ek vir die All Blacks skreeu

Griet ·

MAAK ONS TROTS BOKKE, GEE JULLE BESTE, SPEEL JULLE HARTE UIT, ONS STAAN BANKVAS AGTER JULLE… ONgeag vir n paar depressiewe negatiewe suurknolle!!!!!

KOOS ·

Ennn… nou is julle stil, nehhh… Valerie, Siener, Rugbysiener hahahah!!! WELGEDAAN BOKKE

Grapgat ·

Koos jou naam rym goed met ander woorde. Go figure. Great bokke !! Engelse afgeslag.

KOOS ·

baie voorspoed en seen, vir jou Grapgat, duidelik slaan jou opvoeding deur, jou arme mens!

Griet ·

@Grapgat,jys nou n swak voorbeeld,van iemand wat vroue en jou eie moeder respekteer… SIES!!

KOOS ·

baie voorspoed en seen, vir jou Grapgat, duidelik slaan jou opvoeding deur, jou arme mens!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.