Mening: Rassie behoort nr. 12-trui aan Frans Steyn te gee

Rassie Erasmus. Foto: (AP Photo/Florencia Tanjun)

Rassie Erasmus is nie ʼn rugby-afrigter wat daarvan hou om te gaan krap waar dit nie jeuk nie, maar die tyd is nou ryp om Frans Steyn op binnesenter te kies.

Tot dusver het Erasmus klimtol tussen Damian de Allende en André Esterhuizen gespeel om amperse stampkarrugby te speel, maar Steyn kan die Springbokspan soveel meer in die nr. 12-trui bied.

Hy is vinniger, baie meer ervare, kan die bal beter versprei en met sy lang buiteskoppe baie waarde tot die Bokke voeg.

Daar was verlede jaar sprake dat Erasmus vir Pollard na binnesenter wou skuif met Elton Jantjies op losskakel, maar van dié plan het daar dadels van gekom omdat Jantjies nie sy kanse behoorlik aangegryp het nie.

Dit sal in dié stadium, met Pollard wat sy selfvertroue herwin het en van krag tot krag gaan, moeilikheid soek wees om Pollard te skuif.

Erasmus sal beslis ook nie meer daaraan byt nie. Erasmus het Steyn weliswaar die afgelope ruk ʼn paar keer met welslae van die plaasvervangersbank opgestuur, maar hy verdien ʼn plek in die opdrafspan veral nadat De Allende nie Vrydag teen Japan in die laaste Wêreldbeker-opwarmwedstryd oortuig het nie.

Met die Bokke se WB-openingswedstryd wat nou teen die All Blacks op 21 September wag, moet Steyn die jawoord kry.

Die All Blacks het juis Saterdag in Hamilton na die hoogste rat oorgeskakel toe hulle Tonga met 92 – 7 vermorsel het. Anton Lienert-Brown was die binnesenter, maar wees verseker dat Sonny Bill Williams teen die Bokke sal speel.

Die wenspan sal óf teen die Iere óf die Skotte in die kwarteindronde speel en andersom vir die verloorspan.

Die Iere het Saterdag in Dublin na hul tweede opeenvolgende oorwinning oor Wallis (19 – 10) die All Blacks uit die eerste plek op die wêreldranglys geskuif, maar is hulle werklik die wêreld se beste span?

Bundee Aki is hul binnesenter en net soos die res van die stormramme, hou hy ook daarvan om die voordeellyn aan te val. Maar hy het ʼn hele paar swakplekke wat uitgebuit kan word.

Die Iere speel die afgelope paar jaar wurgrugby en was Saterdag teen Wallis weer suksesvol daarmee.

* Die Skotte het hul voorbereiding met ʼn oorwinning van 36 – 9 oor Georgië afgesluit.

Die Skotte maak die spel vinnig, rek die bal wyd, maar of hul voorspelers by die Bokke en All Blacks sal kan kers vashou, sal eers gesien moet word.

*Die Wallabies het in Sydney met ʼn oorwinning van 34 – 15 oor Samoa afgesluit.

Nadat hulle baie goed in die eerste helfte vertoon het met David Pocock aan die spits na sy ellelange beseringslys, kon die Wallabies weer nie die tempo vir 80 minute handhaaf nie.

Hulle sal sekerlik die kwarteindronde haal, maar boesem nie baie vertroue in nie.

* Engeland het Vrydagaand in Newcastle baie goed teen Italië afgesluit met ʼn oorwinning van 37 – 0. Hulle sal na alle waarskynlik óf teen die Bokke óf die All Blacks in die halfeindronde speel en dan kan daar perde wees.

* Uit ʼn Suid-Afrikaanse oogpunt het Namibië Saterdag in Walvisbaai die Southern Kings ʼn tweede keer in ʼn ry geklop om met 21– 17 te seëvier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Uniondale ·

Uitstekende artikel wat die bok probleme op 12 aanspreek. Dis al lank dat De Ellende nie die paal haal nie. Steyn is groter, sterker, vinniger, verdedig beter, met meer internasionale ervaring en hy is ‘n alternative stelskopper veral ver van die pale af. Tyd dat Rassie sy WP bril afhaal en die spelers kies wat die wereldbeker kan wen.

kolla ·

Daar’s so baie verkeerd met jou kommentaar. De Allende is groter en vinniger as Frans en ‘n beter verdediger. Frans is wel effe swaarder omdat hy oorgewig is. Jy kan nie die Frans wat 10 jaar gelede vir die Bokke gespeel het met hierdie oorgewig trapsuutjies vergelyk nie. Hy was goed, LAAANK terug.

Uniondale ·

As jy vir steyn weghardloop hoekom is jy nie in Japan nie ? Steyn doen als beter as ellende. Selfs die artikel beaam dit. Bok ondersteuners kry meer skaam as ellende deur ‘n slot ingehardloop word of weer ‘n tackle mis.

Antoon ·

As daar ‘n moontlik was, sou Rassie dit gister probeer het

bolla ·

Steyn is oorgewig en daar is geen sprake van enige spoed by hom nie. Hy is ons STADIGSTE senter, selfs stadiger as Andre Esterhuisen.

Danie ·

Bolla praat oor iets wat sin maak asseblief jy hap na woorde wat geen betekenis het nie.

kolla ·

Ek sal vir Steyn weghardloop en ek het 30 jaar laas rugby gespeel. LOL

Swartwolf ·

Was dit touchies op die strand na ‘n liter pappies…?

En nou? ·

Nou maar Kolla, met al hierdie ondervinding waaroor jy beskik – Hoekom is jy nie die SA afrigter nie! Dis regtig unfair!

bolla ·

Die Steyn van nou en die Steyn van 10 jaar terug, is twee baie verskillende spelers. Nee wat, eers ‘n bietjie weight watchers toe vir hom.

kolla ·

So terloops – ek is baie bekommerd oor die spelpatroon wat ek teen Japan gesien het. Lyk asof Rassie dieselfde as 2007 wil probeer met die alewige up and under skoppery. Probleem is dat ons nie ‘n Fourie du Preez het wat daai wedstrydplan suksesvol kan uitvoer nie en terselfder tyd is ons vleuels klein mannetjies war nie sommer die bal so uit die lug uit gaan wen nie. Ons sal nie die wereldbeker met daai taktiek na my mening wen nie.

Swartwolf ·

As daar ‘n duusman kaptein is, Pollard of Vermeulen, speel die span altyd beter. En die strategie word uitgevoer.

Johann cb ·

Steyn hoort glad nie in die span nie! Hy het gekies/verkies om Suid-Afrika te verlaat en elders te gaan speel. Nou word hy op sleeptou teruggeneem! Dit werk nie vir my nie!

Pietsnot ·

Die eerste klompie kommentare is korrek. Die spel het te vinnig geraak vir Fransie en hy mis te veel tackles. Ons tiens moet ook twaalf kan speel. Dink aan Christian Stewart, Braam en Hennie Le Roux.

Uniondale ·

As jy so rugbykenner is snot, vergeet jy dat Steyn internasionale rugby gespeel het in vier posisies – losskakel, binne en buite senter en heelagter. Dis meer as wat enige van jou genoemde spelers gedoen het.

koekies ·

As ‘n Bok ondersteuner raak ek skaam elke keer as Steyn opdraf. Ek kan nie glo dat ‘n ooglopende oorgewig speler gekies kan word nie. Dit lyk net nie goed nie.

Anton Smith ·

Frans Steyn moet onder GEEN omstandighede by die Springbokspan ingesluit word nie!!Hy is “history”en Hoort op die rak!Vergeet van die verlede en bou op nuwe vars belowende spelers vir die toekoms!!

Gam ·

Steyn is die enigste speler in die bok span wat by die allblacks ook sal span kry.

Uniondale ·

Goeie observasie. En ek stem saam. Maar die Rassie mentaliteit is om daai kwaliteit speler uit te los vir kwotas soos ellende.

Pietsnot ·

Nic Mallet was reg. Volgens hom ken die publiek nie hul rugby nie. Uniondale val in daardie kategorie. Van die ander kommentare is heeltemal in die kol, Fransie is nie meer Bokgehalte nie.

Petrus ·

Steyn op senter? Wel, die Kiwi’s juig, want volgens hulle is hy stadig en ‘n swak verdediger! Hy kan hul kanse om te wen net verbeter. Rassie moes lankal na ‘n Bosh of ander spelers oorsee gekyk het as oplossing vir ons probleem op senter.

Boesman ·

Julle ouens verbaas my wat so teen Steyn is. Wie in SA of even oorsee is beter, elende is swakker as Steyn. Allister Coetzee het goeie senters o.a Francois Venter “gebreek” Jan Serfontein is beseer, Esterhuizen is nie goed genoeg nie. James-Small Smith sou dalk nie n sleg keuse gewees het om saam te gaan nie. Daar is nie goeie senters oor nie.

PeetVos ·

Moes seker kon raai dat ons al hierdie soort van kommentare sou begin kry.
Frans Steyn op senter? Nee wat – die beste rugby wat hy ooit gespeel het was op heelagter!
Hou op torring – op hierdie stadium, of ons daarvan hou of nie, moet ons aanvaar dat Rassie weet wat hy doen.

PeetVos ·

Moes seker kon raai dat ons hierdie soort van kommentare sou begin kry.
Frans Steyn op senter? Nee wat – die beste rugby wat hy ooit gespeel het was op heelagter!
Hou op torring – op hierdie stadium, of ons daarvan hou of nie, moet ons aanvaar dat Rassie weet wat hy doen.

Nico K ·

Wil net vir Uniodale sê, en ons praat nou nie weer daaroor nie. De Allende is NIE ‘n kwota speler nie. En ek is ook nie ‘n Steyn ondersteuner nie. Was op sy beste ‘n baie selfsugtige speler. Wou te veel alleen gaan.

kolla ·

Ek sien hier is darem nog ondersteuners wat hul rugby ken en nie spelers net op grond van vorige reputasie kies nie. Daar is hoop.

kolla ·

Jy sal verbaas wees, De Allende is ‘n groot man so dit mag dalk lyk asof hy nie so vinning is nie. Ek sou sê dat van die senters wat in aanmerking was vir die wereldbeker, De Allende die tweede vinnigste is na Kriel. Hy’s vinniger as Am, Esterhuisen en Steyn. Steyn is die stadigste van die klomp.

Pieter ·

Nou wat se julle oor Faf – ek dink nie hy is die regte speler op no 9 nie. Hy is veels te stadig om die bal skoon te maak en sy besluitneming is ook glad nie watwonders nie.
Ek het gemengde gevoelens oor Steyn, maar wat ek wel van seker is, is dat De Allende en Am nie ons bestes is nie.

SjN ·

Stem saam Pieter, skop te veel doelloos en opponente weet wanneer hy gaan skop met sy kenmerkende voetjie uitgestrek houding. Hou hom op die bench, stuur Frans terug waar hy vandaan kom, gee die plaaslike talent die kans.

kolla ·

Wie’s beter as De Allende? Persoonlik sou ek Kriel bo Am verkies. De Allende en Kriel is ons beste senters in my opinine.

Ursula ·

Rohann Janse Van Rensburg is beter as De Allende los hande

Boxer ·

Persoonlik dink ek “Trokkie”Jansen van Rensburg wat vir die Leeus gespeel het en ook deur ons vingers geglip het sou ons oplossing gewees het. Ellende nie ons beste nie by vere nie.

kolla ·

So julle wil nou ‘n speler vir die Bokke kies wat tans nie eers rugby speel nie. Ek dink nie dis baie wys nie.

Poot ·

Steyn binne senter en Kriel buite. Sal graag wil sien wat dan gebeur. Steyn hoef nie vinnig te wees nie. Hy moet net die lyn breek met Kriel teen sy skouer.

kolla ·

Hulle het De Allende en Am as senterpaar vervang in die NZ toets en toe gaan die gate oop op verdediging en slaan die AB’s gate in die middeveld na willekeur (kyk maar weer as jy my nie glo nie). Steyn se verdediging is nie op standaard nie, dis kommerwekkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.