Mening: Wenspanne en derbies lok die toeskouers

port-elizabeth-rugby-stadion

Foto ter illustrasie

Die gekla dat Suid-Afrikaanse rugby aan die uitsterf is en wat uitsluitlik gebaseer is op die bywoning van plaaslike rugbywedstryde, is nie die volle waarheid nie.

Terwyl afname by groot rugbywedstryde ʼn wêreldtendens is, en een wat boonop op baie ander – en veral spansporte betrekking het – is die bywoning van wedstryde in Suid-Afrika heelwat swakker as ʼn paar jaar gelede, maar glad nie so vrot as dit met oorsese bywoning vergelyk word nie.

Trouens, dit vergelyk goed met dié in Engeland waar die velde elke naweek vol is.

Ja, hulle is gedeeltelik reg maar neem, onder meer, twee faktore nie in ag nie: In Engeland is die klubvelde veel, veel kleiner as in Suid-Afrika, en in die veel kleiner Engeland is daar soveel meer mense in en om die sentra waar spanne van die Engelse Premierliga gesetel is.

Maar kyk jy na die bywoningsyfers in Engeland, is dit verrassend laag. Saracens, wat vanjaar die titel die vyfde keer gewen het, het in die 2018/19-seisoen ʼn gemiddelde van slegs 11 985 toeskouers gehad.

Die Sale Sharks, waar Faf de Klerk en nog ʼn klomp Suid-Afrikaners speel, het sewende in die Premierliga geëindig. Hulle gemiddelde bywoning was ʼn skamele 6 586 toeskouers met ʼn hoogste bywoning van 8 535. En die Exeter Chiefs, wat boaan die punteleer geëindig het, het maar gemiddeld 12 037 toeskouers gehad en Johan Ackermann se Gloucester (in derde plek) se bywoning was 14 378 per wedstryd.

Die Pro14, waaraan die voorste spanne van Ierland, Wallis, Skotland en Italië en ook Suid-Afrika se Cheetahs en Southern Kings deelneem, het in sy 152 wedstryde in die 2018/19-seisoen slegs 1 252 435 toeskouers oftewel 8 240 per wedstryd gelok.

♦ Die tendens van afnemende toeskouergetalle in die Superrugby-reeks is veral in Australië waarneembaar terwyl selfs Nieu-Seelandse bywoning vanjaar met sowat ses persent gedaal het. Dit word toegeskryf daaraan dat die voorste Nieu-Seelandse spelers nie deurgaans in die reeks kon speel nie, maar in die Wêreldbeker verpligte rusperiodes opgelê is.

♦ Ongeag wat in die ander lande gebeur, is daar in Suid-Afrika steeds die tendens dat wenspanne toeskouers trek.

Met SA Rugby en die SA franchise’e, wat maar snoep is om toeskouergetalle te gee, is ʼn sinvolle vergelyking oor ʼn aantal jare nie moontlik nie, maar dit is duidelik dat die Bulls met vanjaar se relatiewe sukses en veel beter vertonings meer toeskouers gelok het.

Vanjaar het 128 643 toeskouers na die Bulls se agt Superrugby-wedstryde gaan kyk (gemiddeld 16 080) – en die sogenaamde kenners wat glo derbies is uitgedien, sal seker verbaas wees om te lees dat die wedstryde teen die Stormers (25 267), die Sharks (25 816) en die Lions (18 046) saam met die verdedigende kampioen Crusaders – wat natuurlik vanjaar weer die kompetisie gewen het – die grootste belangstelling op Loftus gelok het.

♦ Insiggewend is dat die Lions, wat met hul groot ondersteunersbasis net 60 km van Loftus af is, vanjaar nie die groot getalle toeskouers vir die sogenaamde Trans-Jukskei-derby help lok het nie.

Die rede? Die Lions het die seisoen gesukkel.

Die ondersteuning van ʼn wenspan is natuurlik niks nuuts nie, en niks illustreer dit beter as toe die Bulls in 2010 die derde keer die Superrugby-trofee omhoog gehou het nie.

Insluitende uitspeelwedstryde, het die Bulls toe in hul nege wedstryde 318 569 toeskouers deur die hekke gelok – gemiddeld dus 38 396 per wedstryd

In 2010 het die ook Stormers net so baie toeskouers getrek. Hulle het immers in die eindstryd van die Superrugby-reeks teen die Bulls in Soweto gespeel en het gemiddeld 43 331 toeskouers by hul tuiswedstryde gehad.

Die Lions, wat toe gesukkel het, kon net 68 836 (gemiddeld 11 149) toeskouers trek en die Sharks 154 000 (gemiddeld sowat 18 000).

Vergelyk jy bostaande uitskietsyfers van die Bulls en die Stormers met vandag se getalle, is daar oënskynlik rede tot kommer – en ook nie net vir Suid-Afrika nie, maar vir die spel wêreldwyd.

Tog, die geld is meer, die TV-syfers groei elke jaar en die spel rugby word deur al hoe meer mense in al hoe meer lande gespeel.

Maar ʼn vol stadion met sy atmosfeer bly darem eerste prys…

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

15 Kommentare

Nico K ·

Ek stem saam dat ‘n vol stadion lekkerder is. TV het maar ‘n groot invloed en is die grootste rede. En ek sien daar is kleiner stadions by die Pro14 wedstryde, maar hulle is vol en dit maak dit lekkerder. Ons het ons groot stdions gebou voor TV alles begin wys het en ek dink nie ons gaan in die toekoms baie vol stadions sien nie. Maar wen rugby is natuurlik die grootste trekpleister. Kyk hoe het Kimberley en Bloemfontein se stadions vir ‘n verandering vanjaar gelyk.

Louis ·

Ek aanvaar meeste van die redes vir later bywonings syfers, maar van die vernaamste redes word uitgelaat. Ek praat hoofsaaklik van Loftus ( maar glo dit is landswyd) , maar die familie IEEE van braai en kuier voor en na die game, on en by die veld , is verlore sedert 2010 (sokker) . Mensa braai nou maar by die Hui’s en kyk op TV. Dit gaan nie oor gemak nie maar oor veiligheid in die area on Loftus en parkering , end.

Cuda ·

Iemand wat nie in die ou dae om Loftus gebraai het nie, sal nie verstaan hoe soecial dit was nie. Jy het ‘n punt beet.

Frans C ·

Statistieke is misleidend want dit sê nie of dit elke keer presies dieselfde ondersteuners is wat die wedstryde bywoon nie en hoeveel nuwe toeskouers is,of toeskouers wat weggebly het en nou weer kom kyk omdat hul span goed vaar.

‘n Mens kan maar aanneem dat van die 38000 en 43000 wat genoem word mistens 80 %
deel vorm van die mense wat elke wedstryd bygewoon het.Vir ‘n sport om te groei moet dit nie net nuwe deelnemers lok nie maar ook nuwe toeskouers.

Dit gaan mi nie gebeur nie as die ‘koop ‘n span’ die keuse van groot bonde bly want kinders soek helde en as die held gedurig van span verwissel en die verswakte spanne soos die Leeus sukkel dan kwyn die belangstelling ook.

Cuda ·

Ek glo mense stem met hulle voete. Rugby se reëls raak te kom pleks vir skeidsregters. Skeidsregters se foute speel te groot rol in uitslae. Rooi en geel kaarte haal meding uit die spel. Vervang eerder die speler en straf die individu

Rugby sal na tegnologie moet kyk soos krieket en tennis om skeidsregter se persoonlike opinies te verminder. Omkantlyne, skeef ingooie, spelers wat nie terug val nie, ens kan aangrspreek word met verskillend soorte kameras, sensors, ens.

Maak die losgemaal ‘n “free for all” , binne perke om slegs bal te wen. Sonder vuilspel. Jy het “x” sekondes om bal terug te kry as jy bal in vat, anders verloor jy posisie

Maw maak reëls eenvoudig en gebruik tehnologie om meer akkurate uitslae te kry en minder skeidsregter klagtes.

Wie wil geld betaal en dan verloor/wen jou span op swak beluite of 13/14 teen 15 agv kaarte.

Anders kyk ek eerder by huis. Minder moeite om na “fout belaaide” wedstryd te kyk, waar die uitslag bevraagteken word.

Nico ·

Vat weg die geel kaart en hou net rooi kaart. As speler vervang word, word span mie gestraf nie. Dit is afrigtind span en spelers se plig om binne die reels en skoon te speel.

Avokado ·

Kaartjie – R150 per kop.
Koeldrank – R20 per 500ml.
Skyfies – R30 per pek.
Kos – peperduur.

Vir gesin van 4 kos dit R600 plus.

Baie geld om te betaal veral as die rugby swak gehalte is.

kolla ·

Die nulle het hul ondersteuners weggejaag deur gereeld met 50 punte op hul eie tuisveld te verloor. Geen gerespekteerde fan wil so in sy eie agterplaas verneder word nie. Sies.

Swartwolf ·

Die beste event op Loftus die jaar was 40-3. Einaaa….en dit het hul lamsak opposisie op die dag toe sommer heel laaste van SA spanne laat eindig. Nooit weer regkom nie. Bulle ten minste play offs gemaak. Sekere lamsakkige SA spanne is al 23 jr bekerloos……ha ha ha.

Cuda ·

Sê iemand wie se unie geldjies maar dun is….! Wat het julle nou weer om oor trots te wees, C/week… sies man

kolla ·

Die beste ding van Loftus is die uitgangshekke om so gou as moontlik daar weg te kom.

Swartwolf ·

Beste ding op Loftus die jaar was 40-3. Dit maak nou nog my lag. O en natuurlik vanaf laas week die 0/21 CC nadat die bulletjies 30 in 40 min op die westelike patete gesit het. En senior bulle ten minste in top 8 van Super rugby….hoe lyk dit daar op Newlands kolla ? Bankrot unie, laaste in SA super rugby, geen Currie beker 0/21 of seniors ….wow die magtige WP presteer uitstekend.

kolla ·

Ek het gehoor alle uitgangshekke by Loftus is permanent gesluit omdat dit nie meer nodig is nie. Niemand kom in nie so niemand gaan uit nie.

Nico ·

Sowat 2 weke gelede het Danie Gerber op groen en goud op Via gesê daar moet teruggekeer word na toere. Ek bepleit dit nou al vir baie jare. Skrap die super en 4 nasie reeks. Toere met weekdag wedstryde soos van ouds gaan meer toeskouers lok. Toeskouers raak moeg vir elke jaar dieselfde spanne. Verder jaag unies toeskouers weg met mal toegangs fooie. Kyk maar net wat het vroeër vanjaar gebeur toe pryse vir net een wedstryd verlaag was. Toere gaan ook meer vir spelers se ontwikjeling doe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.