Meyer ‘onrustig’ oor Bokke se agterlyn

Foto: thestormers.com

Foto: thestormers.com

Heyneke Meyer is “opgewonde, maar onsrustig” oor die agterlyn wat die Poemas Saterdag aanvat.

Die span toon agt veranderinge aan die span wat Skotland afgeransel het, onder meer ‘n nuwe senter- en slotpaar. Ervare toetsspelers soos Frans Steyn, JP Pietersen, Jaque Fourie en Fourie du Preez was nie beskikbaar nie en Meyer is bekommerd oor die agterlyn se kontinuïteit, ook omdat Bryan Habana en Ruan Pienaar nie onlangs veel rugby gespeel het nie. Handré Pollard en Cornal Hendricks is ook nuut en onervare.

Meyer het bygevoeg dat Morné Steyn steeds sy nommereenkeuse op losskakel is, en dat hy nou na sy adjudant soek.

Springbok nr. 862 – Damian de Allende – is die enigste nuwe Springbok en het aan Media24 gesê hy sal sy sokkies letterlik en figuurlik optrek. Dis ‘n verwysing na die hangsokkies waarmee hy altyd speel.

De Allende het gesê dis ‘n gewoonte uit sy skooldae. “Maar om vir die Springbokke te speel, is iets spesiaal en ek sal sorg dat my sokkies opgetrek bly.”

De Allende het aan die Hoërskool Milnerton eers in gr.11 meer op rugby begin konsentreer nadat hy meer in krieket en sokker belang gestel het.

Meyer is baie in sy skik met sy nuwe buitesenter, ‘n posisie waarin De Allende min ondervinding het.

“Hy het my in die Superreeks baie beïndruk. Hy is jonk, maar het ‘n sielkundige geaardheid waarvan ek baie hou. Hy is groot, het al die vaardighede, hardloop goeie lyne, het goeie aanvoeling en verdedig goed.

“Ek glo hy kan ‘n asemrowende speler wees.”

Wat die jong Lood de Jager betref, het Meyer gesê hy het “alles om in ‘n nr.5-slot van wêreldgehalte te ontwikkel.” Hy is ook die speler wat die afgelope maande die meeste verbeter het.

Meyer het dit ook duidelik gestel dat hierdie nie die span vir die res van die reeks is nie.

“Ons is die enigste span wat drie agtereenvolgende wedstryde oorsee speel en ek sal moet roteer om die spelers fiks te hou

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.