Meyerton se inploeëry stel rugby bekend

Meyerton stel rugby wyer bekend. (Foto: Anthony LLoyd)

Meyerton se rugbyklub het Sondag die basiese beginsels van die spel by die plaaslike gemeenskap ingeploeg.

Anthony Lloyd, die voorsitter van Eurolux Meyerton Knigths United, sê die klub is deur die dorp se burgemeester Bongani Baloyi genooi om aan die plaaslike spele deel te hê.

“Ons het die klein mannetjies geleer hoe om die bal te hanteer, te duik, rol- en maalbewegings en skoppe uit te voer.

“Dit was ʼn openbaring om te sien dat party van die kleintjies nog nooit eers ʼn rugbybal vasgehou het nie,” het hy aan Pale Toe! gesê.

Lloyd sê die dag was groot pret, en die afrigter, Alwyn du Plessis, asook spelers en seuns wat gaan help het, het hulle puik van hul taak gekwyt.

“Manne, ons moet op voetsoolvlak begin as ons rugby aan almal wil blootstel.”

Meyerton speel Saterdag 16:00 op sy tuisveld teen Oos-Rand Polisie, en Lloyd nooi die gemeenskap om te gaan kyk.

Toegang kos R10 per volwassene en R5 per kind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.