Middelburg wil Goue Beker toe met nuwe vere

middelburg-mpuMet `n goeie borgskap en splinternuwe vere mik Nashua Middelburg vanjaar na niks minder nie as deelname aan die reeks om die Goue Beker.

Só laat weet die Swartes se nuwe voorsitter, Herman van Niekerk.

“Ons mikpunt vir 2017 is boonop om tussen die topagt in die reeks om die Goue Beker te eindig, want met `n positiewe gesindheid by die spelers, afrigters en bestuur, en met borge wat bankvas agter die klub staan, is enigiets moontlik.”

Dit impliseer dus dat die klub om mee te begin die Mpumalanga-kampioenskap moet wen.

Pumas-Hoëveld-amateurspelers Estiaan Meiring, Hendry Badenhorst, Danie Malan en Louis Roos.

Pumas-Hoëveld-amateurspelers Estiaan Meiring, Hendry Badenhorst, Danie Malan en Louis Roos.

Middelburg moet gewis die onderbou hê om te presteer, want hy het verlede jaar elf spelers vir die Pumas-Hoëveldspan na die Noordelike Amateur- Provinsiale Kampioenskap opgelewer: Estiaan Meiring, Hendry Badenhorst, Danie Malan, Louis Roos, Gerhard Munro, Donavan en Elardus Erasmus, Philip Range, Christo en Waldo Nelson en Hendrik du Toit.

Pumas-Hoëveld-amateurspelers Gerhard Munro, Donavan Erasmus, Philip Range en Elardus Erasmus.

Pumas-Hoëveld-amateurspelers Gerhard Munro, Donavan Erasmus, Philip Range en Elardus Erasmus.

Malan is met `n hele vrag toekennings by die klub se afgelope prysuitdeling weg.

Hy is die klub se sportman van die jaar, speler van die jaar, die spelers se

speler van die jaar en die agterspeler van die jaar.

Pumas-Hoëveld-amateurspelers Christo Nelson, Hendrik du Toit en Waldo Nelson.

Pumas-Hoëveld-amateurspelers Christo Nelson, Hendrik du Toit en Waldo Nelson.

Middelburg het `n nuwe bestuur verkies, bestaande uit Van Niekerk (voorsitter), Japie Steenkamp (ondervoorsitter), Soenè Liddle (sekretaresse/penningmeester), Tiaan Moolman (klubkaptein), Frikkie Kapp en Malan van der Walt (bykomende lede).

Die afrigtingspan is Apie Human, RW Smit, Grant Bartle, Sam Gerber, Christo van Niekerk en Paul Hoffman.

Kapp sal die eerste span en Van der Walt die tweede span bestuur.

Só lyk Middelburg se nuwe derde-, tweede- en eerstespantrui.

Só lyk Middelburg se nuwe derde-, tweede- en eerstespantrui.

Van Niekerk se Middelburg vier die begin van `n nuwe era van gehalterugby in die uitoefening van Godgegewe talente, en die skepping van`n gesinsvriendelike klub waar almal welkom is om die sport waarvoor hulle lief is saam in `n gesonde en mededingende gees te kan geniet.”

♦ Middelburg is nog aljare een van die Pumas se voorste klubs, maar kon die afgelope tyd net-net nie bo uitkom nie.

Op die Hoëveld van Mpumalanga het Sasol van Secunda (die Pumas se huidige kampioen) en Ferro’s van Witbank beter gevaar.

Sedert die instelling van die reeks om die Goue Beker (eers die Gemeenskapsbeker) in 2013 kon die klub nog nie daarvoor in aanmerking kom nie.

Middelburg het vroeër vanjaar die Mpumalanga-sewestoernooi gewen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.