Albei die uitklopkampioene van die Middellandse Subunie (MRSU) van KwaZulu-Natal het vanjaar weer die eindronde gehaal.
Ladysmith, die houer van die Hiltonbekerhouer (Derde Liga), speel teen Voortrekker-oudleerlinge (VOL) van Pietermaritzburg nadat eersgenoemde Greytown met 62-5 in die halfeindronde verniel het.
VOL het op sy beurt naelskraap met 31-30 teen Drakensberg van Winterton gewen.
Die Boet Wesselsbekerhouer (Vierde Liga), Obhejane van Imbali, het by verstek deurgedring nadat Howick Eagles aan die halfeindstryd onttrek het.
Die verdedigende kampioen speel teen Young Lions van Woodlands, wat die Nagle Dam Rhinos uitgeskakel het.
Sowel Ladysmith as Obhejane het die afgelope twee jaar ook die Middellandse ligas (Crowe- en Rawbeker) gewen.
Die halfeindronde word Saterdag in die Woodburnstadion in Pietermaritzburg beslis. Die wedstryde skop 13-30 (Vierde Liga) en 15:00 (Derde Liga) af.