Middelland: Nuwe voorloper in Rawbekerliga

Die Middellandse Subunie (MSRU) van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se reeks om die Rawbeker het ʼn nuwe voorloper.

Die Howick Eagles se jongste sege van 17-14 Woensdag oor Obhejane het hom in staat gestel om die Nagle Dam Rhinos verby te steek.

Die Rhinos het egter ʼn wedstryd minder gespeel.

In die subunie se senior reeks om die Crowebeker het Ladysmith Vrydag sy onoorwonne status gehandhaaf deur met 35-12 teen Drakensberg van Winterton te wen.

Voortrekker-oudleerlinge van Pietermaritzburg het sy eerste sege behaal deur Greytown met 32-26 te klop.

Dit skep die interessante toestand dat, buiten die voorloper, elkeen van die deelnemers een wedstryd gewen en ʼn bonuspunt ingeoes het, en die volgende week se wedstryde ʼn kwaai gespook behoort op te lewer.

Opgesomde punteleer –

Crowebeker

Ladysmith 14, Voortrekker-oudleerlinge 5, Drakensberg 5; Greytown 5.

Rawbeker

Howick Eagles 8, Nagle Dam Rhinos 6, Young Lions 5, Obhejane 5, Cedara 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.