ʼn Groot uitdaging wag Vrydag op Drakensberg in die Middellandse Subunie (MRSU) van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se reeks om die Crowebeker.
As hy enigsins seggenskap wil behou, moet hy die voorloper en verdedigende kampioen, Ladysmith, klop wanneer hulle op Winterton kragte meet.
Die besoekers het die kroon verlede jaar by Drakensberg afgeneem.
Dit sal grootliks verras as die tweede geplaaste Voortrekker-oudleerlinge (VOL) van Pietermaritzburg nie met ʼn bonuspunt teen die agteros, Greytown, wen nie.
In die reeks om die Rawbeker het Obhejane sy jongste botsing teen Cedara met 43-10 gewen.
Die Howick Eagles het intussen aan die reeks onttrek.
Opgesomde punteleer –
Crowebeker (Derde Liga)
Ladysmith 35, VOL 20, Drakensberg 19, Greytown 5.
Rawbeker (Vierde Liga)
Obhejane 35, Young Lions 18, Nagle Dam Rhinos 17, Cedara 13, Howick Eagles 8.