Middellandliga: voorlopers grawe dieper in

Die voorlopers in die Middellandse Subunie van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) se ligas het in die jongste weekronde se wedstryde hul posisie verder verstewig.

In die reeks om die Crowebeker (Derde Liga) het Ladysmith met 45-22 teen Voortrekker-oudleerlinge (VOL) van Pietermaritzburg gewen.

In die ander wedstryd in die reeks het Drakensberg van Winterton met 42-3 teen Greytown gewen.

Die voorloper in die reeks om die Rawbeker (Vierde Liga), Obhejane, het met 15-0 teen Young Lions gewen.

Cedara het met 8-5 teen die Nagle dam Rhinos gewen; en Howick Eagles het vroeër die week punte teen Cedara gegee.

Opgesomde punteleer –

Crowebeker

Ladysmith 35, VOL 20, Drakensberg 19, Greytown 5.

Rawbeker

Obhejane 30, Young Lions 18, Nagle Dam Rhinos 13, Cedara 13, Howick Eagles 8.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.