Min nuwelinge in Bok-groep vir Rugbykampioenskap

Ruan Combrinck – nie in die Bokgroep nie? (Foto: GB Jordaan)

Dit behoort nie ʼn lang kopkrap-vergadering te wees nie, tog is daar ʼn paar probleme waarmee die Springbok-afrigter Allister Coetzee en sy mede-wyses kan worstel voordat hulle die Bok-groep vir die komende Rugbykampioenskap Saterdagaand bekend maak.

Coetzee het reeds vroeër vandeesweek gesê dat dit moeilik is om Springbok te word, maar nog moeiliker is om daaruit te kom.

Dus sal die Bok-groep wat die toetsreeks teen die Franse in Junie met 3-0 geklop het, byna net so behou word.

As ʼn mens reg tussen die lyne lees, sal daar nie plek vir Ruan Combrinck wees nie, al vertoon hy ook al hoe goed in Saterdagmiddag se Superrugby-eindstryd teen die Crusaders.

Maar, daar is groot kommer oor Warren Whiteley se liesbesering wat hom uit die derde toets teen Frankryk gehou het. Daar is selfs sprake van ʼn operasie, wat kan beteken dat hy die Kampioenskap kan misloop.

Die keuse behoort dan weer op Eben Etzebeth te val, wat die instaankaptein teen die Franse was, om weer die Bokke te lei.

Lionel Cronjé sal na alle waarskynlikheid een van min nuwelinge wees noudat Handré Pollard en Pat Lambie nie na wense herstel het nie. Dalk word Pollard tog ná sy enkelbesering gekies en vir nog ʼn paar weke in watte toegedraai voordat hy aan die einde van Augustus losgelaat word.

Daar is ook onsekerheid of Toulon die jawoord aan Frans Steyn sal gee om vir ses weke toetsrugby te speel.

Moontlike Bokgroep (as Whiteley nie kan speel nie) –

Agterspelers (15)
Andries Coetzee, Dillan Leyds, Courtnall Skosan, Raymond Rhule, Francois Hougaard, Damian de Allende, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Frans Steyn, Francois Venter, Elton Jantjies, Lionel Cronje, Handré Pollard (as hy fiks is), Ross Cronjé, Rudy Paige.

Voorspelers (17)
Jean-Luc du Preez, Siya Kolisi, Jaco Kriel, Oupa Mohoje, Eben Etzebeth (kaptein), Pieter-Steph du Toit, Franco Mostert, Lood de Jager, Beast Mtawarira, Frans Malherbe, Ruan Dreyer, Coenie Oosthuizen, Steven Kitshoff, Lizo Gqoboka, Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Chiliboy Ralepelle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Dis ‘n skande as Allister Coetzee spelers soos Ruan Combrink en Kwagga uit die bok groep uitlaat en ander totale onderpresteerders soos Rudy Paige behou. Daar is letterlik 10 beter skrumskakels wat beter is as Paige. Maar soos iemnd gese het Paige is ‘n uitstekende impakspeler. Hy doen ‘n behoorlike omgewingsimpakstudie voordat hy die bal uitgee!

Righard ·

Ag nee vrek, chiliboy ook en wie de hel is lizo, speel hy vir die anc span? Ek gee op, dis mos nie transformasie as jy nie jou beste spelers kan speel nie, dis dan politiek.. Transformeer sommer groen en goud vir swart trui, ten minste is hulle ernstig oor die beste wil wees en beste spelers te speel

Louis ·

Swak span!!! Waar is du Toit sterk loskop voorry van Sharks, waar is Combrinck? ,Akker vd Merwe., om n paar te noem, nee wat so n span kan ek nie ondersyeun en gaan nog baie pak kry!!

Stephen Namibia ·

Wat n grap wil nie eens kommentaar lewer oor die span keuse nie.

Josua Keys ·

As jy ‘ n span op vorm kies wil ek weet wat Pollard daar maar, nike teen die ou nie maar as hy gekies kan word kan Combrinck ook mos gekies word hy kaan tenminse elke posisie in die agterlyn speel behalwe skrumskakel so wat soek page en Pollard dan daar, is die keurders bang dat Loftus volgende jaar verkoop sal moet word as daar nie genoehg bulletjies in die bokspan span is nie of hoe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.