Min te lees in Stormers en Bulls se Harare-seges

Robbie-Fleck

Robbie Fleck

Die Stormers het die Cheetahs Saterdagmiddag in ’n opwarmwedstryd in Harare 43-7 geklop en die Bulls het, ook in Harare, 38-17 teen die Lions gewen.

Die uitslag sal die Cheetahs nie slapelose nagte gee nie, aangesien verskeie van hulle eerstekeuse spelers nie deel gehad het aan die Harare-ekskursie nie.

Daar kan dus, soos by die Bulls se sege teen die Lions, nie te veel in die uitslag gelees word nie.

Hoewel Robbie Fleck, hoofafrigter van die Stormers, tevrede sal wees met ’n wen so vroeg in die seisoen, sal hy sy spelers ongetwyfeld maan om te onthou dat dit ’n opwarmingswedstryd was. En dat die seisoen nog lank is …

Die Kapenaars het sewe drieë gedruk teenoor die een van die Bloemfonteiners.

Damien de Allende, Springboksenter van die Stormers, het die eerste drie van die wedstryd gedruk.

♦  Die Bulls was maklik baas teen die Lions en was rustyd 21-10 voor.

Hoeveel in die oorwinning gelees kan word, is egter oop vir spekulasie. Daar was ʼn paar Bulls met Superervaring, en daarteenoor het die Lions ’n groep van grootliks jong en talentvolle spelers saamgevat.

Soos dit maar in die soort wedstryde gaan, is daar gereeld spelers deur die spanne omgeruil.

Vir veral die Bulls was dit duidelik ʼn oefenlopie om hulle talent te evalueer.

Nollis Marais, afrigter van die Bulls, het sy uitsoekspelers wel saamgeneem Harare toe maar op enkele uitsonderings na nie laat speel nie. Hy sal die Springbokke en van die ander voorste spelers eers op 8 Februarie in Brisbane teen die Chiefs loslaat.

Die Lions se afrigtingspan was nie eers in Harare nie omdat hulle in Johannesburg die agterstand moet inhaal van die Japanse spelers wat nou eers ten volle by die voorseisoense oefeninge inval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willie ·

Sowaar As die Stormers en Bulle verloor het sou die opskrif seker wees: “Cheetahs en Lions gaan nie maklik geklop word nie”.
Shame !!

Justice ·

Met die Harare ekskursie hoop ek dat die kurpers en tiervis goed gebyt het op Kariba.

Frans C ·

Toe ek die eerste keer die spelerlys van die Leeus gesien het, wat Harare toe is het ek gewonder of ek by die verkeerde span is.Is dit nou werklik die enigste manier om Suid Afrikaanse Super 18 spanne voor te berei?

Deon ·

Nee maar dis reg, kom ons ondersteun maar ou Bob se ekonomie. Iemand wat in elk geval nog bereid is om geld uit te gee op die politieke sport-speletjies in SA, veral rugby, moet sy kop laat lees – kan sekerlik nie veel breinselle oor hê nie…

rudolph ·

so wanneer speel die bokke die eerste toets teen Zimbabwe in Harare??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.