Min troos vir Bulls ná groot loesing

Die enigste troos wat die Bulls uit Saterdagaand se wedstryd teen die Jaguares kan put, is dat hulle sekerlik nie vrotter kan speel nie.

Hulle het in Buenos Aires met 54-24 pak gekry, en gelyk of hulle elke stukkie leerwerk van John Mitchell vergeet of geïgnoreer het. Die Bulls se uitspeelkanse hand nou aan ʼn baie dun draadjie.

Die Argentyne het ná hul onoorwonne toer van vier wedstryde in Australasië met ʼn indrukwekkende vertoning teen die Bulls gewys dat hulle nog baie naby aan die uitspeelwedstryde gaan draai. Hulle het sewe drieë teen drie gedruk.

Die rustydtelling was 20-10

Die Jaguares se voor- en agterspelers was as eenhede eenvoudig stukke  bete as die Bulls s’n, en as span was hulle samespel en opsies uitstekend.

Miskien het die Bulls oorgerus in Argentinië geland; miskien was die verlies van Lood de Jager, Lizo Gqoboka en die kaptein Burger Odendaal te ontwrigtend.

Hoe ook al, die Bulls is in die skrums verniel, het in die lynstane, een van hul sterkpunte, te veel besit verloor, en het geen antwoord op Jaguares se gedissiplineerde fasespel en daaropvolgende dryfwerk gehad nie.

Die Jaguares het hul spel agter die skrum goed afgewissel. Hulle het aanvanklik vlak gestaan en die Bulls met hul bekende kort aangeë laat bontstaan, en toe skielik begin wyd speel toe die Bulls begin bondel het om die kort aangeewerk die hoof te bied.

Skielik het hul ook dieper gespeel en telkens was daar met die gebondel ook spelers aan die buitekant toe die Argentyne begin hardloop het.

Dat die keerwerk van die Bulls aan skandelik gegrens het, het nie gehelp nie. Nie een of twee maal nie, maar dikwels, het teenstanders sommer tussen drie, vier Bulls deur gedwarrel om dan vas te maak, te begin dryf, of weer diep te speel.

Die skeidsregter? Nie die wêreld se beste nie, maar dit is nie hý wat met sy hande in die losskrums gekrap, misgeduik, van die kant af ingedons, aangeslaan of die bal in kontak verloor het nie.

Puntemakers ‒

Jaguares (20) 54 – Drieë: Nicolás Sánchez, Bautista Delguy (2), Marcos Kremer, Matias Orlando, Sebastian Cancelliere, Emilliano Boffelli. Doelskoppe: Sánchez (5). Strafdoele: Sánchez (3).
Bulls – Drieë: Warrick Gelant, Nic de Jager, André Warner. Doelskoppe: Handré Pollard, Libbok (2). Strafdoel: Handré Pollard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frans C ·

Dit was nie dat die Bulle nie kanse gehad het nie,Galant twee skitterende breekslae,maar geen ondersteuning,bal verloor oor doellyn in poging om drie te druk ens. Manie Libbok
op losskakel was nie suksesvol nie.Hy moes so op sy eie spel konsentreer dat hy geen druk op Sanchez geplaas het.
Die het die spel soos ‘n generaal beheer en gedikteer en die Bulle op die agtervoet en aan die raai gehou.Dit is tog een van die kardinale beginsels in rugby.Jy moet darem buite jou eie spel, jou direkte opponent in toom hou al het jy soms hulp nodig en verhoed
dat die amok op die veld maak.

Michael ·

Kan Ashwin vir ons op n mooi manier verduidelik wat tans in ons rugby aan gaan Groot ASB.

Albert ·

As die Bulle hul kanse in die eerste helfte gebruik het was hul met 18 punte voor op rustyd. As jy nie jou kanse gebruik nir gaan jy verloor. Ek moet se tussen al die SA spane speel die Bulle rugby om na te kyk.

Nakkie die Nar ·

Vat asb n GROOT 5 van my Wim, lieflike, realistiese weergawe van die wedstryd.
Kon, ongelukkig, nie die wedstryd sien nie maar jy som dit so mooi op, voel vr my soos “live commentary”!
Weereens dankie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.