Minder van Elsenburg in SA landboukollegespan

Die SA Landboukollegespan vir 2017. (Foto: Peet van der Walt)

Ondanks sy oorheersing op die afgelope Pannarweek het Elsenburg aansienlik minder spelers as verlede jaar vir die gekombineerde span van die SA Landboukolleges (SALK) opgelewer.

Die span speel Maandag in Oos-Londen teen ʼn uitnodigingspan van Grens.

Daar is slegs vyf Stellenbossers in die opdrafspan en sewe in die 23-tal, teenoor verlede jaar se 11 in die beginspan en een op die bank.

Grootfontein het vanjaar tien in die groep (ses in die opdrafspan), en Potchefstroom vyf waarvan vier die wedstryd sal begin.

Die span toon ook aansienlik meer ervaring as verlede jaar s’n.

Attie van Rensburg, ʼn flank van Elsenburg en vanjaar se beste voorspeler, is die derde opeenvolgende jaar in die span ingesluit.

Jaco de Waal, Johan Schoeman (albei Potchefstroom), Louis Carstens, Pieter Rabe, Alexander Duckitt (almal Elsenburg), Joppie du Pisanie, Marius Pulsen en Adrian Greig (almal Grootfontein) het eweneens verlede jaar vir die SALK-span uitgedraf.

ʼn Opvallende weglating is Stirling Naudé van Elsenburg, wat die meeste punte op die toernooi aangeteken het, en die afgelope twee jaar die span gehaal het.

Die SALK-span –

15. Elroni Fillis, 14. Adriaan Stander (albei Grootfontein), 13. Josef Burger, (Elsenburg), 12. Jaco de Waal, 11. Waldo Botha, 10. Edward Oberholzer (al drie Potchefstroom), 9. Louis Carsten (E), 8. Adrian Greig (G), 7. Attie van Rensburg (E), 6. Alex Greig (G), 5. Joppie du Pisani (G), 4. Pieter Rabe (E), 3. Ettiene van der Merwe (P), 2. Marius Paulsen (G), 1. Alexander Duckitt (E). Bank: 16. Johan Schoeman (P), 17. Ray Brink (E), 18. Henco Nel (G), 19. Brendon Botha (E), 20. Noah Montfort (G), 21. Gert Rupping (G), 22. Dirkie Coetzee (P), 23. Daniël Rademan (G).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.