Mitchell en Paige: die tweede hoofstuk

Rudy Paige – weer nie deur die Blou Bulle se afrigter John Mitchell gekies nie. (Foto: GB Jordaan)

Dis nie die eerste keer dat John Mitchell die Springbok-skrumskakel Rudy Paige die deur wys nie.

Paige is een van die Ligbloues se min (nie-gekontrakteerde) Springbokke wat beskikbaar is vir die oorblywende wedstryde in die Curriebekerreeks.

Maar waar ander afrigters soos Swys de Bruin (Goue Leeus), John Dobson (Westelike Provinsie) en Robert du Preez (Sharks) hul Bokke inspan, het Mitchell (Blou Bulle) sy vertroue bly stel in die naamgenote Ivan en Piet van Zyl vir Vrydagaand se Curriebekerwedstryd teen die Pumas op Loftus Versfeld.

Hy het dit ook ʼn paar weke gelede gedoen toe Handré Pollard (hy was nie in die aanvanklike span nie) en Paige beskikbaar gestel is.

Paige en Mitchell loop reeds ʼn lang pad, van 2011 af toe Mitchell nog die Leeus afgerig het.

Paige, wat die SA skolekaptein in 2007 was, was in die Leeus se span wat aan die einde van September teen die Blou Bulle gespeel ( en met 18-21 verloor het). Dit was sy eerste Curriebekerwedstryd en hy het glad nie oortuig nie.

Hy is vir die volgende wedstryd teen die Cheetahs (asook die res van die reeks) nie oorweeg nie en Michael Bondesio het die jawoord gekry, ook vir die eindstryd toe die Leeus teen alle verwagting in die Springbokgelaaide Sharks met 42-16 oorrompel het.

Mitchell is ʼn afrigter wat geen doekies omdraai nie en só het hy destyds sy keuse geregverdig: “Rudy het ʼn groot les geleer en hy weet wat benodig word. Ek sal beslis nie ʼn skrumskakel in die groep, wat vorentoe speel, aanvaar as hy nie kan verdedig nie.”

Dis ses jaar later. Paige het intussen Springbok geword en kort broodnodige speelkans voordat die Bokke aanstaande maand (hy is een van Allister Coetzee se byna sekere keuses) teen Ierland, Frankryk, Italië en Wallis speel.

Maar hy word steeds nie deur Mitchell ingespan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

DC ·

Hy word nie ingespan nie omdat Mitchell hom nie laat voorskryf nie

LOSKOP ·

Paige is staan seker 5 de in die ry as skrumskakel by die Bulle en is vir seker omstrent
8 ste in SA.
SO WEL GEDAAN AAN IEMAND WAT HOM NIE LAAT VOORSKRYF NIE

Gatvol ·

Heidelberg/Riversdal het dalk n scrummie nodig!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Veritas ·

Paige het, soos enige rugbyspeler,
maar sy aan- en af dae. Die probleem is net dat sy afdae die laaste tyd, meer is as sy aan dae.

WONDER ·

Ek kry vir Paige jammer, ongelukkig is sy afdag slegs op Saterdae. (lol)

Dereck Le Roux. ·

Die WP (Welverdiend Polisie) soek ook dringend na ‘n skrummie, Rudi Paige se naam word glo genoem.

Hennie ·

Iemand sê hierbo Paige het ook sy aan en af dae. Ek mis nie graag ‘n rugby uitsending, wanneer was sy aan dag? Mitchell kies op meriete, so eenvoudig soos dit.

Stephanus ·

Hy is net eenvoudig nie goed genoeg nie. Kwotaspeler op sy beste!!!

Lukie Crarelsen ·

Rudy Paige is seker die swakste skrumskakel wat nog in ‘n springboktrui gespeel het (miskien was Bolla Conradie swakker). Ek is so bly dat John Michell hom nie aan kwotas en politieke inmenging steur nie. Ek wens net ons sien Rudy Paige NOOIT weer in ‘n springboktrui nie”

Seeg ·

Paige moet eers n nuwe blaadjie omslaan voor hy gekies kan word. Duidelik is hy en Mitchell nie op dieselfde bladsy nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.