Mitchell kies 11 Bokke, nuwelinge in sterk Bullsgroep

Burger Odendaal (Foto GB Jordaan)

Die Bullsafrigter John Mitchell het Maandagmiddag sy 38 spelers vir die Superreeks aangekondig.

Die Bullsgroep, wat uit 21 voorspelers en 17 agterspelers bestaan, sal deur die twee medekapteins, Burger Odendaal en Nic de Jager, aangevoer word.

Mitchell het dieselfde stelsel van twee kapteins in 2011 gebruik toe die Lions die Curriebeker teen ʼn Sharksspan, met 12 Springbokke en Frankryk se Frederic Michalak, met 42-16 gewen het.

Odendaal is einde verlede seisoen as die senior speler van die jaar bekroon, het die afrigterserkenning vir die Superrugbyreeks ontvang, en is as die spelers se speler van die Curriebekerreeks aangewys.

♦  Die Bullsgroep vir vanjaar se Superreeks sluit 11 Springbokke in. Daar is ook ʼn hele aantal Junior Bokke in die span en die Blitsbokke se groot voorspeler Tim Agaba sal oor twee weke, ná die Nieu-Seelandse toernooi in Wêreldrugby se sewesreeks, by die Bulls aansluit.

Daar is net ʼn handjievol spelers sonder ervaring van Superrugby, onder meer die heelagter/vleuel Divan Rossouw, senter JT Jackson, nog ʼn Blitsbok Manie Libbok, die skrumskakel Embrose Papier en die slot Aston Fortuin.

Mitchell het dit duidelik gestel dat hy geen beloftes vir die komende seisoen maak nie, en dat Bulls deurentyd op klein marginale verbeterings wil bou. “Dit gaan (in elke wedstryd) vir ons oor gehalte op gehalte in ons strewe na uitnemendheid.”

Niks sal sommer oornag verbeter nie. Die span, sê Mitchell, sál ontwikkel en verbeter, en daar moet hieroor realisme wees.

♦  Die Bulls speel Saterdag in twee opwarmwedstryde – om 15:00 in Johannesburg teen die Lions en dan ook om 18:00 in Polokwane teen die Sharks.

Bullsgroep –

Buiteagterspelers: Warrick Gelant, Duncan Matthews, Travis Ismaiel, Jamba Ulengo, Jade Stighling, Divan Rossouw
Senters: Burger Odendaal (medekaptein), JT Jackson, Francois Brummer, Jesse Kriel, Johnny Kotze
Losskakels: Handré Pollard, Marnitz Boshoff, Manie Libbok
Skrumskakels: Ivan van Zyl, André Warner, Embrose Papier
Losvoorspelers: Roelof Smit, Ruan Steenkamp, Hendré Stassen, Hanro Liebenberg, Jannes Kirsten, Nic de Jager (medekaptein), Tim Agaba
Slotte: Jason Jenkins, Ruben van Heerden, RG Snyman, Lood de Jager, Aston Fortuin.
Stutte: Pierre Schoeman, Conraad van Vuuren, Frans van Wyk, Matthys Basson, Lizo Gqoboka, Trevor Nyakane.
Hakers: Jaco Visagie, Adriaan Strauss, Edgar Marutlulle.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Nouja ·

As Cheeta ondersteuner hoop ek van harte dat die Blou Bullê hierdie jaar op ‘n suksesvolle noot sal afsluit.

Lukie Carelsen ·

Dankie tog dat die “bladsy” (“Pa(i)ge”) met “Papier” vervang is!

Hoop Rudy Paige kan nou rustig aftree!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.