Moeilike groentjie laat oudkampioen sweet

ʼn Betreklike groentjie tot die spel het Saterdag met groot eer uit die stryd getree toe hy ʼn gewese kampioen behoorlik in die nuwe Sentraal-Amerikaanse kampioenskap laat sweet het.

Die reeks vervang die ou Suid-Amerikaanse Senior C-kampioenskap.

Die tuisspan, Honduras, wat in November 2015 sy eerste toetsrugby gespeel het, was rustyd in Tegucigalpa met 20-12 voor teen Panama, wat die C-kampioenskap in 2014 gewen het.

Die Rooi Duiwels het egter in die tweede helfte die vuur kwaai gestook, om uiteindelik met 39-27 te wen.

El Salvador is die derde deelnemer aan die reeks, en die feit dat al drie Sentraal-Amerikaanse lande is, het tot die herbenaming aanleiding gegee.

Costa Rica, wat die C-reeks verlede jaar gewen het, en Guatamala is tot die nuwe Suid-Amerikaanse Viernasies B-reeks bevorder, wat laat September in Guatamala begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.