Moeilike wegspring vir Bokke in Wêreldbekertoernooi

Daar sal vir die Springbokke geen kans wees om foute tydens die Wêreldbekertoernooi in Japan uit te stryk nie. Hulle word in die diepste moontlike kant ingegooi.

Die loting vir die 2019-Wêreldbekertoernooi in Japan is Donderdag bekend gemaak en die Springbokke sal teen die All Blacks, op soek na hulle derde titel in drie toernooie, wegspring.

Suid-Afrika het in 2014 laas teen Nieu-Seeland gewen. Die Bokafrigter Allister Coetzee staar hom egter nie daarteen blind nie en sê hy is opgewonde om teen die All Blacks te speel omdat “ons ʼn uitstekende en trotste wedywering met die All Blacks het.”

Die wedstryd teen Nieu-Seeland op 21 September volg ʼn dag na die openingswedstryd tussen Japan en Europa I, ʼn span wat nog deur middel van uitspeelwedstryde bepaal moet word.

Suid-Afrika, ná die All Blacks op 21 September, kom op 28 September te staan teen Afrika I (waarskynlik Namibië).

Dan volg Italië (4 Oktober), en dan die wedstryd teen die repechage-wenner (8 Oktober) wat na ʼn reeks wedstryde tussen nie-kwalifiseerders aangewys word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

James ·

Ja, Mnr die Bokafrigter, n verloortelling van 57-0 getuig van n uitstekende en trotse wedywering!

Martin H ·

in 2007 het ons Engeland. toe wereld kampioen in groepfase ge speel. toe eindstryd teen hulle gewen. geskiedenis is geniet on ditself te herhaal.

Peet ·

En onthou, in 1995 het ons ook teen Australië, die destydse wêreldkampioene, in die eerste wedstryd van die groepfase gespeel…!

Nico ·

Wie moet ons hiervoor bedank? AC. As sy afrigting en spankeuses so glad was soos hy met sy tong is was ons al nommer 1 op die rang lys. Sy tong en self voldaanheid gaan ons die 1ste wedstryd van WB kos en ook die beker. Alles komplimente van ANC en AC.

nico ·

Dit maak nie baie saak as ons in die eerste ronde verloor nie. Ons het vorige toernooi in die eerste ronde verloor en steeds deurgedring na die halfeindstryd. So dit is dalk beter ons verloor die eerste een. Dit gaan belangriker wees dat ons hulle later in die reeks wen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.