Moet Allister se kop rol? Ja …

Allister Coetzee (Twitter)

Die groot vraag op elke rugby-ondersteuner se lippe is hoe en of Allister Coetzee nog sy pos as Springbokafrigter kan behou.

Noudat die emosie ná Saterdagaand se liederlike drag slae van 38-3 teen Iere in Dublin gesak het, kan ʼn mens sy vertoningslys in oënskou neem, en sommetjies en self die afleiding maak.

Van die 22 toetse waarin Coetzee sedert verlede jaar in beheer was, was die Bokke net nege keer aan die wenkant. Dit is ʼn wenpersentasie van 40,9%. Hulle het darem twee keer gelykop teen die Wallabies gespeel, maar wat bring dit ons in die sak? John Williams (20%), Ian McIntosh (33,3%) en Carel du Plessis (37,5%) is gepos en so ook is Rudolf Straeuli (52.17), Harry Viljoen (53.3), André Markgraaff (61.54), Peter de Villiers (62,5), Jake White (66,6), Heyneke Meyer (66,6) en Nick Mallett (71,5) ook nie weer aangestel nie.

Ons laat Kitch Christie (100%) maar liefs buite berekening.

Op grond waarvan moet Coetzee dus sy pos behou? Hoop ons maar dat die Bokke dalk beter in hul volgende drie wedstryde teen Frankryk, Italië en Wallis sal vaar?

Die Bokke het vanjaar rekordneerlae teen die All Blacks (0-57) en Ierland (3-38) gely; hulle kon sedert 2016 nog net een van 11 wedstryde oorsee wen toe hulle vroeër vanjaar vir Argentinië (eintlik maar die Jaguares se Superrugbyspan) met 37-17 in Salta geklop het. Hulle is steeds segeloos teen die All Blacks, kon die Wallabies net een keer in vier probeerslae klop en het twee keer teen Ierland en een keer teen Engeland en Wallis verloor.

Hulle is vyfde op Wêreldrugby se ranglys en die oorwinnings wat behaal is, was die drie seges oor Frankryk (agtste) en die Poemas (10de op die ranglys). Ja, die Springbokke het darem die Iere verlede jaar twee keer in Suid-Afrika geklop.

Die Bokke het in 2016 minder punte (276 teenoor 286) as hul teenstanders aangeteken en is vanjaar in dieselfde bootjie (249 teenoor 263).

Nou hoe kan Coetzee dus sy posisie regverdig?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Johan ·

Hy mag nie veel van rugby weet nie maar sy kleur en sy kwota keuses en voorkeur is reg.
Net jammer dit doen niks vir die Springbokke se spel nie. Ai!

Karin Smit ·

Die vraag ontstaan of hier nie TOG maat game fixing betrokke is nie, want dit is waaragtig vir my net unreal…

Eish ·

Née, vir wat?
Ons weet wat ons het maar weet nie wat ons gaan kry nie.
Die boerbokke se vertoning is in harmonie met die land se bestuur en beleid van radikale transformasie. Sien Eskom, SAL, Prasa, Denel, Sassa ensovoorts.

dries ·

Hoekom kry Allister al die blaam as ons vrot speel, wat van die ander afrigters? van Graan het hy al ooit in sy lwe rugby gespeel? Die probleem is by die afrigters.

Gatvol ·

Dries, AC rig nie af nie nie. Hy bestuur sy medeafrigters. As jou bestuurslede nie die mas opkom nie, wat is jou plig as hoof om die sake reg te stel?

Smirre ·

Driesie, van Graan werk met die lynstane, ens. Die hoof indoenas by die bokkies is ene Dr Venter, Franco en daai ronde skrumdokter van die weepie.

Laat hulle eers pa staan, voor jy van Graan insleep wat eintlik tans maar ‘n outjie is wat die skop tee moet opvat.

L.nieuwenguis ·

Middag almal wel mens kan baie kommentaar lewer oor Coetzee maar ja as jy die spelers het wat die game kan speel en jy het nie die man wat kan leiding gee nie moet jy plan maak met die leier niks lelik teen Coetzee nie,maar ons spelers moet n wenspan wees nie net op die veld nie maar n hulle harte ook en met al die neerslae dink ek ons het n goeie leier nodig ons kort n Naka om die span van ons op te tel.
Leke dag vir almal

jip ·

Baie van daardie spelers hoort nie eers in die springbokspan nie. Pateties man!

Johannes van Staden ·

Ek sou bedank want regtig so n klomp boerbokke wat ronskoffel sonder rigting of plan was n groot skande .

rugbyguru ·

Die feit dat ‘n ervare en gerespekteerde afrigter soos Brendan Venter ook niks uitgerig kry nie vertel vir my die probleem is groter as net die afrigters. Coetzee maak egter swak spankeuses, dis definitief deel van die probleem.

Izak Myburgh ·

Vervang François Louw, Andries Coetzee en Jesse Kriel ingesluit Damian de Allende.

Piet Pille ·

Ou Allister is soos oom Zumpie, klou soos ‘n vale. Hoe swakker die resultate hoe langer word hulle beskerm. Blesbokke, Bontbokke maar Springbokke nooit.

Justice ·

Soos die trop bokke nou speel sal hulle nie eens `n Cravenweek halfeindstryd haal nie.

Rianto ·

Tootie is inbeheer. Hy is die hoofafrigter en dra al die verantw. Dis hoekom hy baie geld kry. Ek voel jammer vir hom.. word voorgeskryf hoe die troepe samestelling in die peleton moet lyk en tog moet hy seker maak die oorloggies word gewen..

Deels ook sy eie skuld… dink terug aan sy eerste onderhoud… die beloftes wat hy gemaak het om aan onrealistiese transformasie vereivereistes te voldoen maak nou seer…

Verstaan my reg daar is baie goeie spelers van alle kleure.

Sy grootste fout is die konstante verskonings om nie die 2 Ruans van die Leeus te kies nie…

Wens hy word vinnig onstlaan… maar wie Sal die opvolger wees…

Daan ·

Manne, hou op mor en aanvaar dat Suid-Afrika nou ‘n derde-wêreld land is met die toepaslike standaarde. Coetzee se posisie is vasgemessel, sy sug na kwotas ‘n realiteit en die eens gerespekteerde Springbok is ‘n volslae grap. Ek ondersteun hulle lankal nie meer nie en gee ook geen duit vir hulle om nie. Ten minste is Coetzee besig om die een na die ander rekord met sy span op te stel. 0-57, 3-38, grootste nederlae ooit teen Nieu-Seeland, Ierland, Italië, Argentinië asook grootste nederlaag in ALLE Springboktoetse. Voorwaar ‘n reuse prestasie…

Sjo. ·

Haha briljant gese…ek self kon dit nie better stel…..bwahahahahaaa..ai die ou Bierbokke…siestog..rekord na rekord verloor ma moenie worry ou bok supporters ou ac leer nog baie lekker met n vet paycheck elke maand geborg met die geld wat jul supporters aanhou betaal om na die klomp narre bierbokke se rond getjommel te kyk…ek se dit net saggies voor ou venter weer n koroner skiet!! Hehe..

Lukie Carelsen ·

Allister Coetzee het Springbokrugby tot rommelstatus gereduseer!
Dan het hy ook nie die ordentlikheid om sumier te bedank nie. Wat ‘n klug!

Ben ·

Ek stem saam met Ollie Le Roux – Die minimum vereiste vir ‘n Afrigter moet iemand wees wat ‘n Springbok was. Hoe leer ‘n mense iemand motor bestuur as jy nooit n motor in jou lewe bestuur het nie?

Rupert Ashford ·

Ja en as hy gepos word, wat dan? Selfde reels (kwotas en verdere politiek) afgedwing van bo. Wat gaan verander?

Amanda ·

Dis omdat hulle te veel Spur kos moet eet want dis mos die hoofborg…hehehe

skollie ·

Mense hou op stres en fokus eerder op Europese rugby (daar speel in elk geval baie Suid-Afrikaners). Jy het nie eers DSTV nodig nie net internet. Jy kan met net R50 prepaid bykans onbeperkte data (night surfer) koop. Dis wat ek doen, laai die wedstryde van youtube af oornag en kyk deur die week. Minder stres, beter rugby.

Danie ·

Ek dink persoonlik die probleem lê by die spelers dis ń 15 man sport en wat op meriete gekies moet word nie oor wat sy vel kleur is nie ons het die spelers gebruik kies die regte kombinasies,gooi die vrot appels uit wat nie daar hoort nie,en dan verander jy die afrigter iemand wat iets weet hel kyk ek is nie ń groot leeu fan nie maar dink wragtig Johan Ackerman sou ń baie beter keuse gewees het

alwyn burger ·

Moet nie n boerbok vlak vat nie!!. Hy is lewenskragtig, intelligent,parmantig en laat hom nie intimideer nie. ñ Springbok is ñ mooi diertjie maar piepswak en ook nie erg intelligent nie. Al ooit gehoor van ñ VOORBOK ?. Dit is ñ boerbok!

karen ·

ag shame los tog die arme man ? hy is after all net daar in sy posisie om salaris te verdien…..

Michael ·

Ek stem saam met bg kommentaar dat coetzee te lojaal bly teenoor sommige spelers en dit kos ons.. Jantjies en ellendig kom nie die mas op nie… Du toit kan nie op grond kompeteer vir bal nie skozan en leyds kan nie balle uit lug akkuraat vang nie.. Daar is ‘n tegniek.. Spring na bal en vul spasie in lug voor teenstanders.. Klein tegniese dinge…

skollie ·

Ek het spesifiek na dit gekyk. Raai hoeveel skoon balle het die Ierse vleuels gevang? Hulle het die eerste vier hoogskoppe misgevang. Dis nie so maklik nie.

Blesbok ·

Goeie genade, kan julle dit wat hier bo staan net nie verstaan en reg kry nie?

Mmmmmmmm?

Mens hoef mos nou nie ‘n ruby kenner te wees nie. Die afrigter is ‘n probleem wat hy nie geskep het nie, hy is woes getransformeer. Die hele rugby sisteem is in sy dinges en julle verstaan dit net nie, julle is deel van die geblerriemors.

Die probleem is die sisteem, skole, klubs, universiteite, provinsies, noem dit. Vir eens is dit nie Zuma nie, maar die nuwe SA, of mag ons dit nie sê nie.? Wie onthou die ‘thin red line’ ?Mmmmmmmm?

chrisp ·

Blesbok .
Heeltemal reg ons seuns word van kleins af “getransformeer” en niemand wil dit se nie.Hulle verloor belangstelling en hou op speel.
As dit nie vir die bokkieweek was nou sou daar nog minder gewees het.Verder le die probleem by die sogenaamde rugby-kenners alla Kobus Wiese,Naas,Nick ens wat bloot wyer om ‘n graaf ‘n graaf te noem.
Kobus het al op TV gemaak of hy geen kennis van die bokkie-week het nie.Ag so polities korrek. Hulle ken rugby maar lief vir springbok-rugby is hulle verseker nie.Daarom hul stilswye oor die werklike probleem.

GPC ·

Politiek sal dit nie toelaat nie, die beste kans om hom daar weg te kry is as hy self bedank.

Fril ·

ai manne. hoekom die man speel en nie die bal nie. Heyneke Meyer het nie bedank na ons teen Japan verloor het. Hy het nog steeds aangebly.

Brandon Venter en Franco Smith is agterlyn spesialiste en nog boonop n verdediging kenner.

ironies dat die agterlyn dus gister die swakste was.

Die Kaptein se skop kantlyn toe in plaas van pale toe.

ons was gister as rugby en bestuurspan swak.

Rugbymal ·

Heyneke was n beter coach as allistair….punt..ja ons het verloor teen japan ek vat eerder daai verloor al die gerond rol vir niks…rekord nederlaag teen all blacks en ierland verloor teen pumas hoeveel meer,hulle moet die springbok helemal weg vat en n miskruier op die trui sit want die springbok was nog nooit so sleg gemaak soos hierdie coetsee dit doen mie

Joe Hall ·

Met daai spul onbeholpe tokosse wat in die agterlyn staan en rond ploeter, sal geen afrigter iets mee kan uitrig nie.
Brendan Venter is beslis nie die oplossing om Toetie te vervang nie. Venter se ego is netsoos ou Ollie s’n – veels te groot om nog ruimte vir goeie leierskap, rigting, raad, goeie spankeuses ens te laat.
Solank as wat daar 50 miljoen ondersteuners vir die huidige regering is, solank sal ons rugby in die dieptes van ellende rondspartel.
Liw whif iet.

LHS ·

Bitter min oud deelnemers in enige sportsoort bereik werklik top prestasies as afrigter. Afrigting gaan oor baie, baie meer as net kennis van die spel self. Werklike passie en toewyding, sekere karakter eienkappe, die wil om op hoogte te bly met nuutste ontwikkelings/kennis, die wil om te presteer, mensekennis ens. is maar enkele van die eienskappe van uitstaande afrigters. Kyk eerder na iemand met jare se ondervinding en bewese prestasies as afrigter op verskillende vlakke van kompetisies. Snaaks genoeg maar heeltemal te verstane kom van die beste afrigters wereldwyd in alle sportsoorte uit beroepe waar hulle kon afrig en ondervinding opbou met verskillende ouderdomme, verskillende vlakke en uiteiendelik voltydse aanstellings net as afrigters. Daar is enkele oud deelnemers wat wel oor die eienskappe van afrigter ook beskik, maar dit is werklik maar enkeles soos Johan Ackerman. Voeg by n swak afrigtingspan nog hulle totaal verkeerde spankeuses, asook nog politieke inmenging en jy het die wenresep vir komedie.

Jj ·

Boikot eenviudig ALLE internasionale games waarby die sg springbokke betrokke is. As ALMAL dit boikot kom geen geld in nie en dan sink die skip.
Dis vernederend om met die kwansuise springbokke geassosieer te word.

Chris ·

Daardie dag – voor die laaste wereldbeker -toe daar besluit is om die trotse Springbokwapen van ons spelers se harte af te ruk en ‘n verlepte” PROTEA “daarop te plak het dit die trots, tradise en guts uit ons spelers gehaal. Kyk maar na die resultate en kyk ook na die gehalte van ons eie rugbykompetisies. Geen wonder die Britse Leeus wil nie teen al ons “Vodacom” spanne speel op hul volgende toer – geen kompetisie of kwaliteit net “Kwanteit”

Joe ·

Man ek is so dankbaar ek het ons DSTV afgesit. Die hele gedagte dat ons rugby trots so afgetakel word bietjie vir bietjie, maak mens baie hartseer, net soos die res van ons trotse geskiedenis afgebreek word. Ek sê boikot die bokke en hul liberale, korrupte base.

Callie ·

Dit is idiote wat glo die afrigter moet n bok wees. Mees suksesvolle sfrigters in SA was nie bokke nie. Buurman van Zyl, Jake White, Heyneke Meyer ens. Van die grootste mislukkings was bokke, Harry Viljoen, Rudolph Strauli, Naka Drotske, Carel du Plessis. Word wakker SA. Hierdie is n kombinasie van n totaal onbevoegde afrigter en n spul kwotas wat van die wat daar hoort totale mislukkings maak

PieterF ·

Die Springbok het gevrek. Die span wat tans oorsee toer het geen leiers of spelbrekers nie – die kwaal is by Toetie aangesteek en daar is geen medisyne vir domheid en gebrek aan vaardighede nie. Jammer om dit te se maar al speel al 30 / 40 van die Grapbokke gelyktydig teen die swakkerige Franse is ‘n wen nie verseker nie.

Nico ·

Mense julle beledig ander boksoorte en veral die BOERBOK. As ek so na Jantjies kyk kan julle dalk half geskeerde ANGORA bokke wees. Selfs hulle het meer waarde as die bokke want hul sy bring darm goeie opbrengste in.

Sjo. ·

Moenie worry bierbok supporters eks seker ou toetie fruity het nogmaals alweer nogsteeds weereens baie geleer uit nog n helse rekord nederlaag..hy is n wereld rekord champ om te leer uit verloor…

Johan ·

Iemand het in die komentaar klaar die spyker op die kop geslaan. Net mooi niks gaan verander as AC die pad moet vat. Maak nie saak wie die Proteas af rig nie, kwotas gaan bly, en bly, en bly….die Springbok se dae is lankal getel. Hoe vinniger ons vrede daarmee maak hoe vinniger beweeg ons aan.

Witwillem ·

By verre die meeste van daai spelers was wit Afrikaanse ouens. Kan daar regtig oor kwotas gekla word? Ek dink nie die afrigter moet alleen die blaam dra nie. Dis onregverdig. Daar’s mos basiese goed wat die spelers op daarsie vlak al behoort te bemeester het? Soos balle raak vang, balle sekuur skop , balle mooi aangee, duik, dummy en druk.

Nicky Smit ·

Paar vragies, kan iemand miskien daarop antwoord. (1) Hoekom laat die afrigter toe dat ons spelers aanhoudend die bal wegskop, is dit nie die plig van die afrigter om met sy spelers daaroor te praat nie?; (2) Hoekom leer die afrigter nie vir Jesse Kriel om nie so skuins te hardloop met die bal nie, en hoekom leer hy hom nie om vinniger uit te gee nie?; (3) Hoekom speel de Allende en Jantjies nog?; (4) Hoekom kom Kitshoff nie van die begin af voor Beast op die veld nie?; (5) Hoekom speel hy ‘n briljante Slot soos Pieter Steph-du Toit uit sy posisie uit?; (5) Hoekom word een van die beste spelers in die Springbokspan (Malcolm Marx) van die veld afgehaal voor die einde van ‘n westryd? Hoekom moet almal ‘n beurt kry om te speel, dit is nie ‘n Laerskool rugbywedstryd nie!!!! Ek vra maar net?

LR ·

Die springbokke se spelpeil is nie konsekwent nie, sleg, goed, uitstekend dui daarop dat hulle motivering nie reg is nie. Daar sal met hulle koppe gewerk moet word. Ek dink die beginsels van kwotas vir die spelers en regstellende aksie vir die afrigtingspan en bestuur het beslis n invloed. Jong spelers is nie meer gemotiveerd om die hoogste vlak te bereik nie. Hierdie goed hoort nie in sport nie. In sport gaan dit oor die individu se aalleg en vaardighede en talente. Hoe gaan kwotas in sport soorte soos bv gholf en tennis toegepas word, dit kan mos nie.

Gerrie ·

Weet nie wat soek hy daar nie,dis n bok wagter nie n afrigter se allie nie
Skaam my vir so n paksla

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.