Moet Allister vir Frans Steyn kies?

Frans Steyn

Frans Steyn

Frans Steyn is een van daardie geniale spelers in rugby, maar dan moet sy afrigter hom reg kan bestuur.

Dink maar terug aan Michael du Plessis en James Small … albei was net soos Steyn ook wedstrydwenners, maar ai.

Die Springbokkeurders moet vandeesweek die span kies vir aanstaande maand se Europese toer en die kans is goed dat Steyn, wat nou eers 29 is, weer nader getrek kan word.

Steyn het reeds 53 keer vir die Bokke gespeel, 75 keer vir die Sharks, 57 wedstryde vir Racing 92, 21 keer vir Toyota Brave Lupus in Japan en nou 21 keer vir Montpellier, waar Jake White dit regkry om die beste uit hom te haal. Hy het in 2006 op 19 sy buiging vir die Bokke gemaak en reeds heelagter, vleuel, senter en losskakel in toetse gespeel.

Hy volg sy eie kop, doen dinge op die Frans Steyn-manier. Gaan vra maar vir Heyneke Meyer toe hy in 2014 die Dinsdag voor `n toets teen Wallis sy rug op Bokrugby gekeer het. Met sy uitsonderlike vaardighede het hy het al baie wedstryde eiehandig gewen – en ook verloor.

Saterdag in die wedstryd in die Europese Rugbykampioenskap tussen Montpellier en Northampton Saints het Steyn weer een van daardie oortredings pleeg wat laerskoolafrigters hul kannetjies van vroeg af leer en op die vingers tik as hulle dit doen.

Die Saints se Calum Clark het in die tweede minuut `n drie in die hoekie gedruk en die losskakel, Stephen Myler, het vir die doelskop aangelê. Steyn het, heeltemal binne die reëls, opgestorm en byna die skop afgestorm. Maar toe het hy, buite die reëls, “mis!” geskree net voordat hy by Myler uitkom.

Die bal het skeef getrek en die ervare Walliese skeidsregter Nigel Owens, het dadelik ingegryp. Het het Steyn geroskam en Myler die skop oor laat neem.

“Dis onaanvaarbaar en nie in die gees van die spel nie,” het Owens gesê. Die keer was die doelskop tussen die mikke en Saints het 16-14 gewen.

In Suid-Afrika sou Steyn dalk daarmee weggekom het, want ons toeskouers het mos die gewoonte om te raas wanneer ‘n speler pale toe aanlê. In Brittanje en Ierland kan jy `n klippie hoor val wanneer spelers pale toe aanlê en dalk het Steyn gedink hy is op Ellispark, Kingspark, Nuweland of Loftus.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mielie ·

Nee! Los hom waar hy is en waar hy regverdig en met integriteit behandel word. Bou julle eie nuwe span. Hy speel rugby en word nie aan politiek blootgestel nie.

Neels ·

Dit gaan baie meer as Frans Steyn vat om hierdie problem uit te sorter….

snuffels ·

Frans op n slegte dag is twee keer so goed soos Juan de Jong op n goeie dag…maar ek wil snert praat, Juan het nie goeie dae nie, of hoe Saru?

Fielies ·

Hierdie is seker die beste kommentaar wat ek nog gelees het op Maroela Media. Ek het nou lekker gelag! Dankie!

Louis ·

Frans is n baie goeie speler, maar ek dink hy het dissipline probleme, en daar is alreeds genoeg probleme in die span dankie.

Seeklong ·

Stem saam Mielie, glo ook nie Steyntjie sal weer so laag daal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.