Moet die Bokke later vanjaar ry of gly?

Die All Blacks. (Andrew Cornaga/Photosport via AP)

Die land is oorlog toe… teen die Suid-Afrikaanse rugbyspan.

Dit was die woorde van die Nieu-Seelandse historikus James Belich ná die reeks tussen die All Blacks en Springbokke in 1956.

Die Bokke het die All Blacks in 1949 met 4 – 0 in die reeks in Suid-Afrika verfomfaai en die Kiwi’s wou wraak neem, sake regstel, wys dat hulle steeds die kroon as die beste span in die wêreld dra.

Hulle het selfs die Nieu-Seelandse ligswaargewigbokskampioen Kevin Skinner van sy uittrede laat vergeet om die Bok-stutte Chris Koch en Jaap Bekker reg te timmer om sodoende die reeks met 3 – 1 te wen.

Ja, die Springbokke het voorheen ook al vir Mof Myburgh, Hannes Marais en Victor Matfield van hul uittrede laat vergeet, maar darem nie om te “boks” nie.

Rugby is die alfa en omega in Nieu-Seeland en daar word in die oggend, middag en aand daaroor gepraat.

Selfs in 1992, terwyl die Wêreldbeker-kriekettoernooi in Australië en Nieu-Seeland aan die gang was, moes ek en twee van my ander kollegas, George van Eck en Bokkie Gerber, vrae van joernaliste en ondersteuners oor die Bokke beantwoord.

Vergeet van krieket, kom ons praat rugby.

Die Nieu-Seelanders is ʼn spul gawe mense, maar moenie enige gunsies verwag wanneer hulle teen jou speel nie.

Die All Blacks lek nou nog hul wonde nadat hulle verlede jaar in Japan die Springbokke in die hul openingswedstryd van die WB-toernooi geklop het, maar nie die eindstryd kon haal nie.

Dus kan die Bokke hulle maar vetsmeer wanneer hulle veronderstel is om in Oktober en November vanjaar, straks in Nieu-Seeland, in die Rugbykampioenskap te speel.

Die nuwe afrigter, Jacques Nienaber, het heeltemal tereg sy bedenkinge uitgespreek; so ook wonder die oud-Springbokkaptein Wynand Claassen of dit die moeite werd is om te speel.

Ja, die Bokke sal soos lammers na die slagpale gelei word, want hulle sal wedstrydfiksheid kort en straks twee weke in kwarantyn moet wees.

Maar tou opgooi?

Ek is seker die All Blacks sou onder die dieselfde toestande gespeel het, want dit is hoe jy respek afdwing en trots wys, want dit kan nie gekoop word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

MakersMark ·

Gee nie regtig om waarheen die bontebokke gly nie ondersteun in elk geval meeste spanne wat teen hulle speel. Wag tot die seisoen begin na CV19 iewers gaan die huidige kaptein, ander ee spelers, asook meeste van die slaprug blanke spelers voor die blm afgodjie kniebuig saam met hul voorgangers Pienaar en Smit.

Niklaas ·

Laat ons maar sien wie van die Bokke gaan die Pienaar/Smith voorbeeld vat en kniel. Waarvoor ?
Sal die All Blacks die belaglike doen ? Dan , as die Bokke nou so maak , eindig my Bok ondersteuning wat kort na my kleuterdae ‘n aanvang geneem het.

MakersMark ·

Die bontebokke se kaptein het reeds gese hy ondersteun dit. Ons moet jammer voel vir hom want hy het grootgeword op een bord kos ‘n dag en die lynstaan calls is in afrikaans en hy voel uigesluit on die moeilike taal van afrikaans te verstaan. So slapknie buig sal hy dit kan ons waarborg.

Chris ·

Ek is nie iemand wat my aan iemand se verlies skade of skande verlustig nie. Die verlede hoort aan die verlede. Ek dink die blindesambok piets die Alle Swartjies na ons Springbokke se toer van 1981. Hulle koggel mos ons wanneer hulle wen. Hulle is vir die volgende 4 jaar nie wêreldkampioene nie.

Vrijburger ·

Irrelevant. Vir my het alle SA sport spanne reeds ‘gegly’ en is deel van my verlede.

Tinus ·

Ek weet nie van een van my vriende of familie wat meer omgee wat die Blesbokke of Aalwyne doen in SA nie,gly…….eerder.

JBN ·

Ek gee nie om of hul ry of gly nie. Ek sal hul nooit weer ondersteun nie. Dit gaan lekker wees om enige ander span te ondersteun wat hierdie kwotabokke pakslae gee. Die kniebuigers se borge moet ook geboikot word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.