Móét-wen wedstryde vir die WP, Bulle

currie cup logo 2016.jpgDit is seker nog nie heeltemal die pylvak nie, maar die tyd begin min raak om reg te maak wat verbrou is. Twee Curriebekerwedstryde in die besonder is die naweek móét-wen wedstryde vir veral die Westelike Provinsie en die Blou Bulle.

Die WP speel teen die onoorwonne Sharks, en nog ʼn neerlaag vir John Dobson se span sal hulle met een oorwinning in vier wedstryde en steeds baie naby aan die onderste punt van die puntelys laat.

ʼn Wen vir die WP is vir die ander spanne in die wedloop belangrik. Met heelwat wedstryde tussen die aanvanklike gunstelinge – dié genoemde vier en die Vrystaat Cheetahs – nog oor, is dit ook vir die Leeus en Bulle belangrik dat die WP en natuurlik die Vrystaat Cheetahs moet verloor.

Dit sal hul eie kanse versterk om ʼn tuishalfeind te kan jaag.

♦ Soos die WP moet die Bulle tuis, teen die Goue Leeus, wen. Verloor hulle, is hulle rekord ʼn redelik miserabele twee uit vyf – en dit sal hulle in ʼn swakker posisie plaas as die WP indien die Kapenaars op Nuweland sal wen, wat onwaarskynlik lyk.

♦ Die Vrystaat Cheetahs, wat soos die Sharks ook onoorwonne is, behoort in Bloemfontein op ʼn drafstap teen die OP Kings te wen en met ʼn wedstryd minder gespeel, die punteverskil teenoor die Sharks op die puntelys te handhaaf.

♦  In die vierde wedstryd sal die Pumas vind dat die Boland nie ʼn maklike kalant is nie. Selfs in Wellington sal die Pumas moet uithaal, maar is hulle miskien net-net die gunstelinge.

Dit is moeilik om die puntelys sinvol te ontleed omdat almal nie ewe veel wedstryde gespeel het nie, maar Griekwas wat die naweek ʼn loslootjie het, is is tans verrassend derde op die punteleer

Die naweek se bepalings –

Boland vs Pumas, Vrydag, Bolandpark, 15;00

Boland Kavaliers: 15 Adriaan Carelse, 14 Gerrit van Wyk, 13 Christopher Bosch, 12 Ryan Nel (kapt.), 11 Danwel Demas, 10 Theuns Kotze, 9 Marnus Hugo, 8 Jacques Engelbrecht, 7 Shaun McDoland, 6 Shaun Adendorff, 5 Joubert Horn, 4 Hanno Kitshoff, 3 Enoch Mnyaka, 2 Clemen Lewis, 1 Linda Thwala. Bank: 16 Francois Esterhuizen, 17 SP Wessels, 18 Ockie van Zyl, 19 Wayne Wilschut, 20 Kenan Cronjé, 21 Gerhard Jordaan, 22 Robbie Louw.
Pumas: 15 Devon Williams, 14 Bernardo Botha, 13 Tyler Fisher, 12 Leighton van Wyk, 11 Jean-Paul Lewis, 10 Francois Brummer, 9 Emile Temperman, 8 Renaldo Bothma (kapt.), 7 Nardus van der Walt, 6 Marnus Schoeman, 5 Hugo Kloppers, 4 Jannie Stander, 3 Marne Coetzee, 2 Frank Herne, 1 De Jay Terblanche. Bank: 16 Simon Westraadt, 17 Khwezi Mona, 18 Wiehan Hay, 19 Lambert Groenewald, 20 Kevin Luiters, 21 Marlou van Niekerk, 22 Ruwellyn Isbell.

Skeidsregter: Marius van der Westhuizen 

Blou Bulle vs Goue Leeus, Vrydag, Loftus, 19:00

Blou Bulle: 15 Duncan Matthews, 14 Travis Ismaiel, 13 Dries Swanepoel, 12 Burger Odendaal, 11 Jamba Ulengo, 10 Tian Schoeman, 9 Piet van Zyl, 8 Hanro Liebenberg, 7 Arno Botha (kapt.), 6 Ruan Steenkamp, 5 Marvin Orie, 4 Rudolph Snyman, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Jaco Visagie, 1 Pierre Schoeman. Bank: 16 Bandise Maku, 17 Martin Dreyer, 18 Nic de Jager, 19 Roelof Smit, 20 Andre Warner, 21 Joshua Stander, 22 Ulrich Beyers.
Goue Leeus: 15 Andries Coetzee, 14 Courtnall Skosan, 13 Rohan Janse van Rensburg, 12 Howard Mnisi, 11 Anthony Volmink, 10 Marnitz Boshoff, 9 Ross Cronjé (kapt.), 8 Ruan Ackermann, 7 Cyle Brink, 6 Kwagga Smith, 5 Lourens Erasmus, 4 Martin Muller, 3 Jacques van Rooyen, 2 Robbie Coetzee, 1 Dylan Smith. Bank: 16 Akker van der Merwe, 17 Corné Fourie, 18 Victor Sekekete, 19 Fabian Booysen, 20 Dillon Smit, 21 Jaco van der Walt, 22 Jacques Nel.

Skeidsregter: Craig Joubert

Vrystaat Cheetahs vs OP Kings, Saterdag, Vrystaatstadion,  15:00

Vrystaat Cheetahs: 15 Clayton Blommetjies, 14 Ryno Benjamin, 13 Nico Lee, 12 William Small-Smith, 11 Raymond Rhule, 10 Fred Zeilinga, 9 Tian Meyer (kapt.), 8 Niell Jordaan, 7 Uzair Cassiem, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Carl Wegner, 3 Tom Botha, 2 Torsten Van Jaarsveld, 1 Ox Nche. Bank: 16 Jacques Du Toit, 17 Charles Marais, 18 Justin Basson, 19 Henco Venter, 20 Shaun Venter, 21 Niel Marais, 22 Michael van der Spuy.
OP Kings: Johan Tromp, Siviwe Soyizwapi, JC Greyling, Burton Klaasen, Sampie Mastriet, Pieter-Steyn de Wet, Ricky Schroeder (kapt.), Christiaan de Bruin, Etienne Oosthuizen, Vince Jhobo, Sebastian Ferreira, Dylan Pieterse, Vukile Sofisa, Mike Willemse, Justin Forwoord. Bank: Martin Bezuidenhout, Barend Potgieter, Hannes Huishamen, Brandon Brown, Vian van der Watt, Kobus Marais, Gainfried May.

Skeidsregter: Jaco van Heerden

WP vs Sharks, Saterdag, Nuweland, 17:10

Westelike Provinsie: 15 Cheslin Kolbe, 14 Werner Kok, 13 Johnny Kotze, 12 Huw Jones, 11 Leolin Zas, 10 Robert du Preez, 9 Jano Vermaak, 8 Sikhumbuzo Notshe, 7 Kobus van Dyk, 6 Stefan Willemse, 5 Chris van Zyl (kapt.), 4 JD Schickerling, 3 Wilco Louw, 2 Siyabonga Ntubeni, 1 JC Janse van Rensburg. Bank: 16 Neil Rautenbach, 17 Alistair Vermaak, 18 JP Smith, 19 Jan de Klerk, 20 Jurie van Vuuren, 21 Dewaldt Duvenage, 22 EW Viljoen.
Sharks: 15 Curwin Bosch, 14 Odwa Ndungane, 13 Lukhanyo Am, 12 Andre Esterhuizen, 11 Sibusiso Sithole, 10 Inny Radebe, 9 Stefan Ungerer, 8 Philip van der Walt, 7 Jean-Luc du Preez, 6 Keegan Daniel (kapt.), 5 Ruan Botha, 4 Etienne Oosthuizen, 3 Thomas du Toit, 2 Franco Marais, 1 Juan Schoeman. Bank: 16 Mahlatse Ralepelle, 17 John-Hubert Meyer, 18 Jean Droste, 19 Jean Deysel, 20 Michael Claassens, 21 Heimar Williams, 22. Rhyno Smith.

Skeidsregter: Rasta Rasivhenge

 Eerste Liga

♦ Hoe onlogies dit mag klink, sal vier van die ses spanne in  die Eerste Liga in Oktober in die halfeindwedstryde speel.

Vyf van die ses spanne is nog in dié wedloop met net die Welwitchias, wat na drie wedstryde ʼn enkele bonuspunt het, wat nou eintlik maar net deur die roetine gaan in ʼn liga waar hulle nie naastenby  tuishoort nie.

Die naweek se bepalings –

Grens vs Griffons, Oos-Londen, Vrydag, 19:00
Valke vs Luiperds, Barnardstadion, 15:00

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.