Montpellier se twee Bokke uit reeks teen Engeland

Frans Steyn – uit die Engelse reeks. (Foto Twitter #Montpellier)

Frans Steyn en Bismarck du Plessis is aan die Springbokgroep vir die drie toetse teen Engeland onttrek.

Hulle sou albei eers hierdie week by die Springbokke aansluit en die Bokafrigter Rassie Erasmus het daarom besluit om hulle nie vir Saterdag se eerste toets op Ellispark te kies nie.

Hy het gevoel dit sou onregverdig teenoor die ander spelers wees wat reeds verlede week saamgeoefen het.

Steyn en Du Plessis, albei van Montpellier, het egter albei beserings in Saterdag se eindstryd van die Franse Top14-liga teen Castres opgedoen.

Erasmus het Maandag gesê dat die twee ervare Bokke by die span sou aansluit nadat hulle mediese toetse in Frankryk ondergaan het. Die plan was om albei in die tweede toets in te span.

Albei het verdere spesialismenings oor die beserings ingewin, maar die nuus was nie bemoedigend nie.

SA Rugby het dus Woensdag bekend gemaak dat die twee eerder vir die reeks aan die span onttrek moet word.

Geen plaasvervangers vir die groep is in hul plekke aangewys nie. Daar is nog drie hakers in die groep  ‒ Bongi Mbonambi, Akker van der Merwe en Chiliboy Ralepelle ‒ en twee binnesenters, Damian de Allende en André Esterhuizen, wat hulle plekke kan volstaan.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LR ·

Kry vir Adriaan Strauss en Ruaan Janse van Rensburg in hulle plekke.

Ruan ·

Ek stem nie saam ie. Los vir Adriaan en Ruaan uit. Bly by die spelers wat nou is. Dink ook dit is goed van Rassie om hulle eers te ontrek. Eintlik moes nooit ingewees het nie.

alwyn burger ·

Rugby is ń spel vir jong manne . Laat die oupas uitree. Hulle speel tog net om ekonomiese redes!!

thys ·

dankie tog die twee kan nie speel nie. ons het mos goeie talent hier in sa. Hulle het mos besluit om oorsee te gaan speel , so los hulle.

Anne-Marie ·

Sommer net so, die wedstryd was Saterdag, dis Donderdag en nou skielik die besering, of is dit ‘n kwessie van…”ek sou ook nie wou speel nie”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.