Morné in opdrafspan teen Lions

Morné Steyn (argieffoto) (Foto: GB Jordaan)

Morné Steyn sal vir die 151ste keer vir die Bulls in ʼn Superrugby of Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd uitdraf wanneer die Pretorianers môre gasheer vir die Lions op Loftus Versfeld speel.

Die 38-jarige losskakel is nog net so gevaarlik soos altyd en hy was onlangs met ʼn puik stelskoppoging in die kol teen die Stormers. Die Lions sal beslis nie kan bekostig om enige strafskoppe af te staan nie want hy sal hulle beslis op die telbord straf.

Embrose Papier sal sy skakelmaat wees met Bernard van der Linde op die plaasvervangersbank. Dan sal David Kriel en Cornal Hendricks as senters kombineer, met Sibongile Novuka en S’bu Nkosi die twee spoedvrate.

Voorlangs is WJ Steenkamp en Dylan Smith die enigste twee voorspeler-veranderinge aan die opdrafspan wat vroeër teen die Stormers diens gedoen het.

Willem Alberts op die aanval vir die Leeus. Foto: Twitter.

Vir die Lions maak Willem Alberts ʼn welkome terugkeer tot die vyftiental en hy sal saam met Ruben Schoeman in die lynstane rank.

Die verandering beteken dat Ruan Venter dan na flank sal skuif om ʼn gedugte lostrio saam met Francke Horn en Emmanuel Tshithuka te vorm.

Dit wedstryd begin Saterdag om 16:45 en dit sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.

Bulls: Wandisile Simelane (heelagter), Sibongile Novuka (regtervleuel), Cornal Hendricks (buitesenter), David Kriel (binnesenter), S’bu Nkosi (linkervleuel), Morné Steyn (losskakel), Embrose Papier (skrumskakel), Elrigh Louw (agsteman), WJ Steenkamp (flank), Marco van Staden (flank), Ruan Nortjé (kaptein en slot), Jacques du Plessis (slot), Mornay Smith (stut), Johan Grobbelaar (haker) en Dylan Smith (stut). Plaasvervangers: Jan Hendrik Wessels, Simphiwe Matanzima, Francois Klopper, Ruan Vermaak, Cyle Brink, Bernard van der Linde, Chris Smith en Harold Vorster.

Lions: Quan Horn (heelagter), Rabz Maxwane (regtervleuel), Manuel Rass (buitesenter), Marius Louw (kaptein en binnesenter), Edwill van der Merwe (linkervleuel), Gianni Lombard (losskakel), Sanele Nohamba (skrumskakel), Francke Horn (agsteman), Ruan Venter (flank), Emmanuel Tshituka (flank), Ruben Schoeman (slot), Willem Alberts (slot), Asenathi Ntlabakanye (stut), PJ Botha (haker) en JP Smith (stut). Plaasvervangers: Morné Brandon, Rynhardt Runsburger, Ruan Smith, Ruan Delport, Jarod Cairns, Morné van den Berg, Rynhardt Jonker en Andries Coetzee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.