Morné sluit sy skitterende Bok-hoofstuk af

Morné Steyn laat waai met die regtervoet vir die Springbokke. (Foto: GB Jordaan.)

As ’n draaiboekskrywer ooit gewonder het hoe om ’n rolprent op ’n hoë noot af te sluit, moet hy net na Morné Steyn se Springbokloopbaan kyk.

Die 37-jarige losskakel het pas die nuus aan SuperSport bevestig dat sy internasionale loopbaan iets van die verlede is; net ’n paar maande nadat hy die harte van die Britse en Ierse Leeus-toerspan vir die tweede keer in sy loopbaan gebreek het.

Volgens Steyn wil hy graag meer tyd saam met sy gesin deurbring en hy het die Springbok-bestuur laat weet dat hy nie beskikbaar vir die komende Europese toetse sal wees nie.

“Ek het baie tyd gehad om te dink en dit was moeilik om weg van die huis te wees. Dit is ’n goeie tyd om die besluit te neem,” het Steyn gesê.

Die veteraan losskakel se uithalervertonings vir die Bulls het gesorg dat hy weer deel van die Bok-planne geword het. Maar benewens sy heldedade teen die Britse Leeus het hy nie veel speeltyd gekry nie, terwyl Handré Pollard en Elton Jantjies gereeld bó hom gekies is.

Steyn sal steeds beskikbaar vir die Bulls wees. Foto: GB Jordaan.

“Ek het vir Jacques (Nienaber – Springbok-afrigter) gesê dat ek reeds geruime tyd nie meer die eerste keuse- losskakel is nie en dit is sinneloos om vir ’n speelkans te wag. Ek het nog ’n jaar of twee se rugby oor en ek wil dit eerder saam met die Bulls deurbring as om op die kantlyn te sit.”

“Ek wil die laaste twee jaar van my rugbyloopbaan geniet.”

Steyn het sy nasionale buiging in 2009 teen die Britse Leeus gemaak en hy het sy laaste toets vanjaar teen Argentinië gespeel.

Hy was uiteindelik in 68 toetse in aksie en hy het 742 punte aangeteken; net Percy Montgomery (893 punte) was ’n groter puntemasjien in die groen en goud.

Morné Steyn was een van die beste spelers om die Springboktrui oor sy kop te trek. Punt.

Van sy Springbok-rekords:

* Wêreldrekord vir ʼn speler wat al sy span se punte in ʼn toets aangeteken het (31).

* Meeste punte teen die All Blacks in ʼn toets (31).

* Vinnigste by 100 toetspunte (agt toetse, drie as plaasvervanger).

* Vinnigste by 200 punte (16 toetse).

* Vinnigste by 300 punte (24 toetse).

* Vinnigste by 400 punte (33 toetse).

* Vinnigste by 500 punte (43 toetse).

* Vinnigste by 600 punte (50 toetse).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kobus ·

Dankie dat jy die sport gedien het. Sterkte en geniet jou gesin

SlinkseKoljander ·

Hy moes dit lankal gedoen het, BEE spelers was altyd bo hom gekies.
Springbok rugby is lankal dood.

Boerseun007 ·

Stem 100% saam. Gaan nie eers meer om die beste spelers te kies nie, .maak nie sin om eers meer te kyk nie, Ek ondersteun Japan nou.

annie ·

Morne moes met ‘n hondelewe tevrede wees… as ‘n springbok…

MrMagic ·

Baie wyse besluit Morné, ons wens jou alles van die beste toe, dit was voorwaar ‘n voorreg om jou in enige span te sien speel. Jy is beslis die beste SA loskakel ooit en verdien nie die afguns en jaloesie van sommige van jou mede-spelers en afrigters nie. Hoe Jacques Nienaber jou op die kantlyn kon laat sit gaan alle regdenkende mense se verstand te bowe, en hy het duur betaal vir sy dom fout. Laat dit vir hulle ‘n les wees. Springbok rugby gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Jy was nog altyd ‘n goeie voorbeeld vir ander en dit gaan wonderlik wees om jou weer saam met die Blou Bulle te sien speel. Wat ‘n uitmuntende lys van prestasies is dit nie, wel gedaan en weereens dankie vir die besonderse eer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.