Mylpaal vir Ospreys-kaptein ʼn motiveringsfaktor teen Cheetahs

Die Walliese kaptein Alun Wyn Jones, voer sy klubspan, die Ospreys, Vrydagaand die 100ste keer aan wanneer hulle in Bloemfontein teen die Cheetahs in  ʼn Pro14-wedstryd speel.

Sy span sal alles gee om die Walliese slotlegende ʼn lekker herinnering aan hierdie wedstryd te gee – en ook om ʼn vierde opeenvolgende neerlaag vir die trotse klub deur die jare in vanjaar se reeks te vermy.

Vir die Cheetahs is daar die wete dat hulle tans derde op die puntelys in groep A van die reeks is en dat ʼn oorwinning hulle plek sal verstewig. Selfs al verloor hulle Vrydagaand, kan hulle straks die derde plek behou, maar die Vrystaters is nou op ʼn plek waar hulle kan begin glo aan ernstig in hulle afdeling meeding.

Connacht is vier punte onder die Cheetahs op die punteleer. Hulle het nog net een uit vier gewen, speel die naweek teen die Scarlets en sal moet uithaal om verlede jaar se kampioenspan te klop.

Vir die Cheetahs is daar die uitdaging om weer by hul strukture, veral op die verdediging, te hou soos in hulle sege teen Leinster; om voort te gaan met die Cheetahs se natuurlike benadering deur die jare van aanval; en om dit 80 minute lank vol te hou soos verlede week toe hulle werklik pootuit was hier na die einde toe.

Die spanne –

Cheetahs
15 Sergeal Petersen, 14 Raymond Rhule, 13 Francois Venter (kaptein), 12 William Small-Smith, 11 Makazole Mapimpi, 10 Ernst Stapelberg, 9 Tian Meyer, 8 Oupa Mohoje, 7 Henco Venter, 6 Paul Schoeman, 5 Reniel Hugo, 4 Justin Basson, 3 Tom Botha, 2 Torsten van Jaarsveld, 1 Charles Marais. Bank: 16 Jacques du Toit, 17 Ox Nche, 18 Johan Coetzee, 19 Rynier Bernardo, 20 Junior Pokomela, 21 Shaun Venter, 22 Nico Lee, 23 Rosko Specman.
Ospreys
15 Dan Evans, 14 Keelan Giles, 13 Ben John, 12 James Hook, 11 Jay Baker, 10 Dan Biggar, 9 Rhys Webb, 8 James King, 7 Guy Mercer, 6 Olly Cracknell, 5 Alun Wyn Jones (kaptein), 4 Adam Beard, 3 Ma’afu Fia, 2 Scott Baldwin, 1 Nicky Smith. Bank: 16 Scott Otten, 17 Gareth Thomas, 18 Rhodri Jones, 19 Lloyd Ashley, 20 Dan Lydiate, 21 Tom Habberfield, 22 Sam Davies, 23 Kieron Fonotia.

Skeidsregters: Frank Murphy (Ierland)
Assistent-skeidsregters: George Clancy (Ierland), Cwengile Jadezweni (Suid-Afrika)
Televisieskeidsregter: Johan Greeff (Suid-Afrika)

Afskop: 17:00

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.