Myne kroon nuwe kampioen

Die nuwe mynekampioen. (Foto: Verskaf)

Die SA Mynsportvereniging (Samsa) het ’n nuwe kampioen tydens sy afgelope rugbyweek in Welkom gekroon.

Harmony het die myneweek onoorwonne afgesluit deur die verdedigende kampioen, Northam van Limpopo, met 30 – 21 in die eindstryd te klop.

Dis die eerste keer in 17 jaar dat die Vrystaters dié titel wen.

Lonmin het die derde plek ingeneem deur met Tau Lekoa af te reken.

In die laaste dag se kragmeting tussen die Sibanye-myne om die vyfde plek, het die goudgrawers oor die platinumdelwers geseëvier.

Harmony was die gasheer van die toernooi wat in die Griffons-stadion afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.