Myneweek: Harmony ook in eindstryd

Harmony het Donderdag sy plek in die eindstryd van die myneweek in die Griffons-stadion, Welkom, bespreek.

Die gasheerspan het Tau Lekoa met 17-5 geklop.

Die verdedigende kampioen, Northam, het reeds vroeër sy aanspraak bevestig; en spook nes verlede jaar sake in Vrydag (13:00) se eindstryd met Harmony uit.

Lonmin het in Donderdag se ander kragmeting met ʼn reusetelling van 87-12 oor Sibanye Platinum geseevier.

Dit beteken dat hy in die Plaateindstryd (11:00) teen Tau Lekoa te staan kom.

Sibanye Gold speel in die “Bowl”-eindstryd (09:00) teen sy sustersmyn Sibanye Plats.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.