Myneweek: kampioen stapel honderdtal op

Deon de Villiers (links), die toernooidirekteur, saam met lede van die Harmony-span. (Foto: Verskaf)

Die verdedigende kampioen het Woensdag ʼn honderdtal by die myneweek in Wekom opgestapel, en getoon hy sal nie maklik van sy troon afstand doen nie.

Northam het Sibanye Platinum in die Griffons-stadion met 110-5 oordonder.

In die ander wedstryd het Tau Lekoa met Sibanye Gold afgereken. Die telling was 31-24 in sy guns.

Northam se sege verseker sy plek in die eindstryd, en die toernooidirekteur, Deon de Villiers, voorspel ʼn taai stryd Donderdag tussen Tau Lekoa en Harmony om die ander finalis te bepaal.

Harmony, die gasheer vanjaar, het verlede jaar in die eindstryd teen Northam verloor, en sal bitter graag op sy tuiswerf die bordjies wil verhang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.