Myneweek: voorste spanne skop goed af

Verlede jaar se voorste spanne het Dinsdag goed afgeskop op die eerste dag van vanjaar se myneweek in die Griffons-stadion, Welkom.

Die verdedigende kampioen, Northam, het Lonmin oortuigend met 25-10 verslaan.

Harmony, die naaswenner en vanjaar se gasheer, moes harder vir sý oorwinning werk, maar het Sibanye Gold op die ou end met 28-23 getroef.

Harmony speel Donderdag teen Tau Lekoa, en Lonmin teen Sibanye Platinum.

Die week, waaraan ses spanne in twee groepe deelneem, duur tot Vrydag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.