ʼn Hartseerdag vir die Vrystaat Cheetahs

Die Vrystaatse rugbybase probeer wal gooi en die vure doodslaan om nie hul betaalmeesters te ontstel nie – maar hulle hoef nie, want daar is geen ander uitweg nie.

Die mat is hier klaar onder hulle uitgeruk en as hulle nie by die Noordelike Halfrond aanpas nie, gaan dit nag wees.

Die Goue Leeus se afrigter, Swys de Bruin, het ʼn teer puntjie aangeraak ná Saterdag se Curriebekerwedstryd tussen die Goue Leeus en Vrystaat-Cheetahs op Ellispark.

De Bruin het gesê hy wonder of die Cheetahs se deelname, en die stadiger tempo van die Pro14-reeks (voeg daarby alle reekse in die Noordelike Halfrond), nie ʼn rol gespeel het in die verandering van die Vrystaat Cheetahs se denkwyse en hul lou vertoning toe hulle met 44-17 afgeslag is nie.

Aikôna, sê die afrigter Rory Duncan. Aikôna, voeg Vrystaat Rugby toe Maandag in ʼn verklaring daarby.

Daar is ander redes, soos hul deelname aan drie reekse, ʼn ellelange beseringslys en dies meer…

Nee, menere, die goue era van opwindende Vrystaatse rugby in Suid-Afrika is verby.

Die Curriebeker-oorwinnings van 2016, 2007 en 2005 hoort in die verlede, om die braaivleisvure en in die argiewe.

Vergeet daarvan om op gelyke voet met die Goue Leeus, Blou Bulle, Westelike Provinsie en die Sharks in die Curriebekerreeks mee te ding.

Vergeet van die Superreeks, van die Crusaders, Waratahs, Hurricanes, Chiefs, die Brumbies en die Blues.

Dis verby… want hoe gouer die Cheetahs by die toestande en die spelpatrone van die Noordelike Halfrond aanpas, des te beter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Frans C ·

Die Cheetahs en die Kings is opgeoffer om Sanzar base tevrede te stel want hul het onderskeidelik 13de en 11de uit 18 spanne in die 2017 Superrugby kompetisie geëindig.Kyk net hoe goed vaar die Bulls wat 15de was tans in Curriebeker onder ‘n nuwe afrigter.

Alles is volgens my nie pluis in Suid Adrikaanse rugby nie en dit begin mi by die Suid Afrikaanse rugby unie en sy beamptes wat nie hul man kon staan toe spanne uitgeskop moes word,want daar was spanne wat veel swakker as die twee gevaar het.

Nic ·

Sê bietjie hoeveel goeie, baie goeie, spelers het hulle rugby in Bloemfontein leer speel en toe elders heen verkas agter die geld aan? Moenie die Cheetahs so vining afskryf nie, hier kom ‘n ding!

Richard ·

Dis reg hier kom n ding wat plaaslike rugby na laerskoolrugby gaan laat lyk.As die ponde en sponsers vir Vrystaat begin inrol gaan almal in Superrugby bulls sharks en stormers wens hulle volg daai roete.
Dan kan die goeie spelers in Vrystaat bly en by groot rugby betrokke wees.Vrystaat moet uit Curiebeker onttrek en konsentreer op Pro14.
Dan sal die Vrystaat toeskouers volg.
Na die superrugby kompetisie die jaar moes vrystaat in 2 ander kompetisies deelneem hoe verwag jy omnte presteer en toe moes hulle nog n paar spelers vir die krokbokspan ook gee.Wanneer alle ander spelers gaan rus aan einde van die jaar speel vrystast nog wedstryde.Neewat hier kom n groot ding en Vrystaat gaan uitstyg.

wollie ·

Dis ‘n mite dat die spel kwansuis “stadiger” is in die noordelike halfrond. Ek kyk tans net oorsese rugby en die kwaliteit in veral die Champions Cup is puik (beter as die afgewaterde CB na my mening). Van die wedstryde is op youtube. Kyk self en jy sal verbaas wees.

Nico K ·

Ja nee daai stelling dat Europese rugby stadiger is, is beslis nie waar nie. In elkgeval nie die Pro14 wedstryde wat ek gekyk het nie. Die Cheetas was nie reg vir die Pro14 nie. Hulle het aan die superreeks deelgeneem terwyl die ander spanne gerus het. En het op baie kort kennisgewing uuitgevind hulle gaan in daardie reeks moet speel. Ek verstaan ook dat hulle nie ‘n ander keuse gehad het nie na hul uit die superreeks geskop is. Maar ek wonder tog of die Pro14 die aandag van die ondersteuners gaan trek.

Jan ·

Waar kom Swys daaraan dat rugby in die Pro14 stadiger is?? Dis totaal en al onsin. Ek self is verbaas in die Pro14 se pas, wat BAIE vinniger is as CB.

Frans C ·

Die wedstryd tussen die Leeus en Cheetahs was nie so eensydig soos die telling aandui nie.Trouens die Cheetahs was tot laat in die wedstryd nog in die spel en kon goeie breekslae nie afrond weens verbete Leeusverdedigiging.

Dit was in die laaste 10-15 minute dat die Leeus die oorhand gekry het.Dit lyk my almal het vergeet dat Superrugby eers ‘n kompetisie tussen provinsiale spanne was en dat NZ se oorheersing begin het toe hul provinsiale spanne ‘streekspanne’ geword het.

In Suid Afrika is mense omdat die Curriebeker so ‘n lang geskiedenis het uiters provinsialisties en gun mekaar niks en verval gewoonlik in ‘n slegsê van mekaar en spelers
op talle sosiale platvorms.

Die pad vorentoe is dus die tot standkoming van sterk streekspanne met eweredige spelervwerdeling en verg dit ‘n nuwe denke sonder ‘n provinsialistiese bril, gebeur dit nie gaan Suid Afrikaanse rugby steeds agterbly by NZ.NZ spanne het Super 10 uitgesluit die kompetisie 15 ,Australië 4 en Suid Afrika 3 (Bulls) gewen.

Dit sal nogal interressant wees as iemand die deelnemende lande se rugbyspelers getalle vergelyk.Ek glo Suid Afrika is heelbo,maar waarom is ons soos statistieke bewys in Superrugby dan heel laaste?

agter bly

Rocco ·

Verskoon maar die vrot afrikaans – ek’s ‘n half & half…Om te redineer dat rugby in SA en dan miskien ook in die Vrystaat sal “regkom”, deur een of ander afrigter / speler /stadiger / vinniger tempo te verander, is eenvoudig net simple; SA rugby vrot al verskeie jare by die kop – heelbo by SARFU; daar is eenvoudig net nie meer die WIL om Bok rugby, wat deur provinsies gevoed moet word (insluitend Vrystaat), te laat WIL seevier nie. Die behandeling wat Vrystaat EN die Kings ontvang het van SARFU was skokkend; indien Vrystaat Unie die WIL aan die dag le, sal hierdie tydelike afwaartse kurwe, van korte duur wees; daar is MEER as genoeg talentvolle spelers van alle kulture in die Vrystaat; kry die regte talent (ex vrystaat spelers) op LAERSKOOL vlak al betrokke om al daardie strukture (afrigting, af-seisoen programme, moniteering ens.) in plek te sit, sodat spelers deur die “ranks” kan kom en behou hulle dan; MAAR, dit sal beteken dat SARFU hulle beleid rondom “funding” vir die kleiner unies sal moet verander..en DIT, dis ‘n heel anders storie.. die vis vrot altyd eerste by die kop…net soos in ons land..om te verwag dat ons land gaan regkom na zuma, is droom wereld..daar MOET “n WIL wees om te verander. Sterkte aan die Vrystaters – druk deur, julle sal sonder twyfel, STERKER bo uitkom.

wollie ·

Atmosfeer (volgepakte stadions) is ook veel beter as die CB en superrugby. Oor die algemeen ‘n baie beter produk. Baie buitelandse spelers ook in hul spanne, so mens kan maklik met die spanne identifiseer. Die ding is dat hulle reekse net gaan groei en beter raak. Dis amper soos die oorsese sokker wat al vir jare ondersteun word i.p.v die plaaslike gemors. Rugby gaan dieselfde pad loop. Hoe gouer ons ander spanne in die Europese reekse opgeneem word, hoe beter. Indien nie, gaan ons beste spelers in elk geval daar speel.

Sarel Strydom ·

Maklik om ‘n span te kritiseer wanneer jy gewen het. Vrystaat is nou al vir hoeveel jaar die geboorteplek van top SA Rugbyspelers. Ander Klubs, met groter beursies kom soek gereeld talent in die Vrystaat. So moet nie die Cheetahs agskrug nie. Ten tweede, oud afrigter van die destydse Noord Transvaal, toe rugby nog rugby was, genoem dat jou span kan nie presteer indien die Bestuur nie gesond is nie. Rugby word tans bestuur deur Politiek en Geld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.