’n Klap in die Springbok-gesig?

Die Springbokke. Foto: Twitter. 

Om nie eens van die Webb Ellis-trofee te praat wat in ’n Suid-Afrikaanse vertoonkas staan nie.

Terwyl spelers soos ’n Siya Kolisi en ’n Eben Etzebeth oor die hoof gesien is, is Michael Hooper, Antoine Dupont, Maro Itoje en Samu Kerevi vir die toekenning benoem.

Hulle is uitstekende spelers, maar dit is nie asof hulle die wêreld aan die brand gespeel het soos ’n Bryan Habana in 2007 of ’n Jonny Wilkinson in 2003 nie.

Veral Itoje se benoeming laat sommige wenkbroue lig: Hy was weliswaar een van die sterre in die Leeus-trui teen die Springbokke, maar sy ander vertonings is nie iets om te opgewonde oor te raak nie.

Hoewel daar ook geen plek vir ’n All Black-speler is nie, staan Ian Foster saam met breiers soos Sam Middleton (Engeland) en Dave Rennie (Australië) ’n kans om met die toekenning as afrigter van die jaar weg te stap.

Cheslin Kolbe se zoep-zap-en-zirts-lopie teen die Leeus het darem gesorg dat die skitterende Lukhanyo Am in die drie van die jaar-kategorie saam met Pierre-Louis Barassi, Luke Jacobson en Damian Penaud benoem is.

’n Mens kan dit seker as ’n klap in die Springbok-gesig beskou, maar die spelers sal ongetwyfeld nie hierdie naweek die ander wang teen Engeland wil draai nie.

  • Schalk Burger (2004), Bryan Habana (2007) en Pieter-Steph du Toit (2019) het vantevore met die louere weggestap.

Wêreldrugby se benoemdes in die speler van die jaar-kategorie:

Antoine Dupont (Frankryk), Michael Hooper (Australië), Maro Itoje (Engeland) en Samu Kerevi (Australië).

Beste internasionale spanne volgens Wêreldrugby:

  1. Suid-Afrika 91,83 punte
  2. Nieu-Seeland 90,02 punte
  3. Engeland 86,61 punte
  4. Ierland 86,30 punte
  5. Australië 85,09 punte
  6. Frankryk 84,25 punte
  7. Skotland 82,78 punte
  8. Argentinië 80,81 punte
  9. Wallis 80,39 punte
  10. Japan 78,54 punte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jack

Nee wat.Die ANC moet maar by Wêreldrugby gaan kla en hulle beskuldig van rassisme.Maak hulle patent daarop dat ons wêreldklas swart spelers het waarteen gediskrimneer word.Verduidelik dat rassime die enigste rede is hoekom nie een van SA se swart bokke gekies is nie.Gaan kla en skel en kyk hoe ver julle kom.

Treurwilger

Die benoemings is heel waarskynlik gedoen voor die Bokke se huidige toer.
Ian Foster se benoeming versterk die vermoede.
Hooper en Kerevi het puik vertonings gelewer tydens die afgelope Rugbykampioenskap, terwyl
die Bokke as wêreldkampioene teleurgestel het “Down Under’.

Steyn

As jy die verlore boerbokke vergelyk wat maar die minste van al die spanne gespeel het is daar nie manier wat jy 1 van hulle kan nomineer nie. Nog minder te praat van die drie wat genomineer is, al die ander driee is span pogings van diep in eie half gebied, geen kompetisie nie

Dup

Miskien is dit om Rassie te straf vir sy optredes tydens Wereldbeker……..

Andrew

Nie seker wat het hulle verwag het na daai video nie. Met twee ausies , engelsman en fransman moet nie te ver kyk na wie in beheer is nie. SA en NZ kan nie als wen nie, en dan moet die sosiale her-konstruksie ook nog toegepas word.

Die vraag is wat se speler het die grootste impak op die spel gehad. Om Siya Kolisi saam as n wereld speler van die jaar te noem is “pushing it a bit”.